Wavecrest Akkommodasie by Sea Siesta | LekkeSlaap
+23

Sea Siesta

9 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Poplar-straat 75, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Sea Siesta is in die hartjie van Jeffreysbaai geleë, net 'n kort entjie se stap of ry van die strand af, en dit bied verblyf vir 7 mense. Die verblyf is nie toegerus vir selfsorg nie.

Daar is 3 slaapkamers en 3 badkamers beskikbaar. Gaste kan kies uit die volgende kamers, of ál 3 bespreek: 'n Hoofslaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort, 'n tweede kamer met 2 enkelbeddens wat ook in 'n dubbelbed omskep kan word, en 'n derde met 3 enkelbeddens (1 stapelbed en 1 losstaande enkelbed). Laasgenoemde 2 kamers deel 'n badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Die huis het ook 'n gemeenskaplike TV met DStv en WiFi wat gaste mag gebruik. Die kamers self is nie toegerus met TV's nie. Elke kamer het 'n skinkbord en ketel om tee of koffie te maak. Beskuit word ook voorsien.

'n Gemeenskaplike mikrogolfoond en yskas is beskikbaar vir gaste se gebruik, en gaste het toegang tot die lieflike tuin en swembad, waar hulle ook kan braai. Jeffreysbaai gaan egter onder streng waterbeperkings gebuk en dit is nie altyd moontlik om die tuin in topkondisie te hou nie weens die watertekort.

Die naaste strand is minder as 1 km ver en daar kan gaste heerlik uitspan, branderplankry, sandplankry en visvang. Daar is ook verskeie ander doendinge in die omgewing en Jeffreysbaai se Billabongwinkel is ook 'n groot trekpleister.

Gaste is welkom om die nabygeleë besienswaardighede soos die African Dawn-wildbewarea, Dolphin Beach-vermaaksentrum en Bloukransbrug-reksprong - die hoogste ter wêreld - 'n ent daarvandaan te besoek.

LW: Geen ekstra gaste tensy vooraf gereël en betaal.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 9 resensies vir Sea Siesta
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Poplar-straat 75, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Gaste dink Sea Siesta het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Poplar-straat 75, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI5NjcxNmQyLWJlMTItNGEyMC04ZDNiLWMwODAxNDRiNTQxMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (vir 2 persone) 9 5 1 5 75 Poplar Street Jeffreys Bay 6330 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.018735531102 24.922553715275
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za