Margate Beach Akkommodasie by Seabrook 404 | LekkeSlaap
+13
+13

Seabrook 404

Selfsorg
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van William O'Connor Rylaan en Panorama Parade, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Seabrook 404 is 'n selfsorg-eenheid wat in die Seabrook Holiday woonstelkompleks geleë is. Die kompleks is bekend vir sy uitstekende uitsigte en gerieflike toegang tot Margate se hoofstrand en ander vakansie-doendinge. Die eenheid spog met pragtige uitsigte oor die dorp wat genoegsame geleenthede bied om dolfyne, walvisse, seevoëls en die sardientjieloop dop te hou.

Die woonstel het 3 slaapkamers en 2 badkamers en is smaakvol ingerig. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n klein leefarea met 'n see-uitsig en die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Daar is 'n stort in die eerste badkamer en 'n bad in die tweede badkamer.

Gaste sal die lieflike oopplan-kombuis en -leefarea geniet. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en daar is 'n eetarea met genoeg sitplek. Die leefarea beskik oor 'n TV met 11 DStv-kanale. Ontspan met 'n skemerkelkie en geniet die pragtige see-uitsigte.

Daar is 'n onderdakparkeerplek ingesluit by die eenheid. 'n Kluisie word voorsien vir gaste se persoonlike items.

Die Intercity Express Bus stop by Marine-rylaan by die Margate Mini Coach-bushalte, slegs 500 m vanaf die Seabrook Woonstelle. Daarna sal daar geen ekstra vervoer benodig word tydens gaste se verblyf nie aangesien alle winkels, banke, besighede, restaurante en vermaak binne maklike loopafstand van die woonstel af is.

Slaapplek

’n Bespreking by Seabrook 404 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Ligging

  • Hoek van William O'Connor Rylaan en Panorama Parade, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
per nag (plek vir 6)
Vanaf R950
per nag (plek vir 6)
Vanaf R950
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van William O'Connor Rylaan en Panorama Parade, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAgq8Sd4WAHej8UxTvjRs3rF1URJ1WBKPX7xC60F0RH2OYDMZMN8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R950  per nag (plek vir 6) Corner of William O’Connor Drive and Panorama Parade Margate 4275 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.863641158965 30.370410789292
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za