LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Seaspray Cabins | LekkeSlaap
+33

Seaspray Cabins

  • Kapasiteit: 23 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elizabeth-laan 1B, Illovo Beach, 4155, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R400 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Seaspray Cabins bied gerieflike verblyf in selfsorghouthuisies in Illovo Beach sowat 13 km vanaf Amanzimtoti en 36 km vanaf Durban.

Daar is 4 enkelhouthuisies wat elk 1 slaapkamer met 'n dubbelbed het. Twee van die houthuisies het elk 'n slaapbank in die sitkamer en is ideaal vir 'n paartjie met 1 of 2 klein kinders. Daar is ook 2 houthuisies met 2 slaapkamers waarvan 1 kamer 'n dubbelbed en die ander kamer 2 enkelbeddens het. Daar is ook 'n slaapbank in die sitkamer, so daar is slaapplek vir 5 volwassenes. Daar is 'n kothuis met 'n gesinskamer wat 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens het wat met 'n gipsmuur van mekaar geskei word. Die eenheid bied slaapplek vir 4 volwassenes. Elke houthuisie en die kothuis het 1 badkamer met 'n stort en 'n volledig toegeruste kombuis met 'n yskas, mikrogolf en gaskooktoestel. Linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring. Elke houthuisie het Openview TV en daar is 'n TV met volledige DStv in die hoofsitkamer. Elke eenheid het toegang tot sy eie braai-area.

Geriewe sluit 'n gemeenskaplike swembad, lapa en dek in. Die perseel is omring deur 'n muur en elektriese heining en daar is veilige parkeerplek in die skaduwee. Dit is gerieflik naby die strand en 'n voetgangersbrug oor die treinspoor geleë. Kingsburgh Centre is sowat 4 km daarvandaan en daar is 'n kafee, winkeltjie en vulstasie net in die straat af. Die Illovo-kwekery het 'n restaurant en is stapafstand van Seaspray Cabins af.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 70 resensies vir Seaspray Cabins
Netheid
4.5/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Elizabeth-laan 1B, Illovo Beach, 4155, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Seaspray Cabins het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Illovo Beach KwaZulu-Natal
Vanaf R400
per nag (plek vir 2)
Vanaf R400
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 23 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elizabeth-laan 1B, Illovo Beach, 4155, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDkwZTI3OWQ0LWJkZjYtNGMxYy1iNWUyLWNmZjg2NGNmNzcwMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R400  per nag (plek vir 2) 70 5 1 5 1B Elizabeth Avenue Illovo Beach 4155 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.116686 30.849844
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!