8 gaste
4 slaapkamers
5 beds
3 badkamers
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 2 Beach Road, Umthentweni, Port Shepstone, 4235, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
Serendipity is 'n selfsorgkothuis aan die KwaZulu-Natalse Suidkus in Umthentweni. Dis 'n baie gewilde visvang-bestemming en is naby verskeie restaurante, gholfbane en winkels. Die kothuis is net 80 m van die Umthentweni-hoofstrand af.
Die kothuis het slaapplek vir 7 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 'n kombuis en 'n sitkamer wat na 'n stoep lei. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die vierde slaapkamer het 1 enkelbed. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en die ander slaapkamers deel die tweede badkamer. Beddegoed word voorsien, maar gaste moet hulle eie bad- en strandhanddoeke saambring.
Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorgverblyf en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Daar is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die sitkamer het gerieflike sitplek en 'n groot platskerm-TV met volledige DStv-kanale.
Die kothuis is heeltemal omhein en is dus troeteldiervriendelik. Voertuie kan in die omheinde voorplein parkeer.
Daar is 'n alarmstelsel vir ekstra sekuriteit.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Laura Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 2 Beach Road, Umthentweni, Port Shepstone, 4235, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Serendipity het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
2 Beach Road, Umthentweni, Port Shepstone, 4235, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang