Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Shabanga Guest Farm

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.8/5

Pieter Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Jaar gelys 7

Opsomming van Resensie

3.8 uit 5van 2 resensies vir Shabanga Guest Farm
Netheid
3.0/5
Diens
3.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.0/5
Braam V - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Braam V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Nooit weer nie!

Wat 'n fiasko: Met aankoms is daar geen aanwysings waar ontvangs is nie. Die verkeerde kamer word geallokeer, die badkamervloer is 30% nat, die toilet lek, die aircon het nie 'n remote nie (dis blykbaar stukkend), geen gesighanddoeke nie, die wasbakkraan is los, dit lyk of dit enige oomblik gaan uitval. Na ons klaar uitgepak het, word ons geskuif na kamer 2. Ons skuif julle gou, die "ons" was my vrou en ek, geen hulp. Die gesighanddoeke is gou uit 'n ander kamer "gesteel", verskillende kleure, redelik gehawend net soos die plek, dit kort ernstige aandag. Die badkamer se uitsuigwaaier lawaai, gaar geroes. Geen probleem, ons fix dit gou môreoggend, die wind draai dan draai die fan met die aakligste lawaai, 3 dae later vertrek ons en die fan raas nog, eenvoudig geïgnoreer. Die kos en diens in die restaurant maak op vir 'n gedeelte en die puik diens van die restaurantbestuurder wat alles self doen - kudos vir haar. Die Vrydagaand steak special was ekstra taai, nie haar skuld nie, ook nie die massa vet daaraan nie. Pieter, die bestuurder, het geen idee van bestuur nie, nog minder van herstelwerk. Geen pak- of hangplek vir klere of handdoeke in die badkamer nie. Die skuifdeur se wiele is gedaan en veroorsaak dus dat die deur besig is om verwoes te word - duidelik word geen maintenance gedoen nie. Die skoonmaker gebruik 'n ou stukkende lap om die vet uit die pan te vee en was daarna die skottelgoed met dieselfde lap en droog dit daarmee af ook, dit lyk asof sy die spieël ook daarmee afgevee het, dit was vol vetstrepe. Van ons besprekingsagent was daar geen taal of tyding nie, hoe bestuur 'n mens so 'n plek? Opsomming: Uiters swak! Julle sien ons nooit weer nie. Ek verstaan dat ons paaie 'n gemors is, maar as 'n binneplaaspad erger is dui dit net op swak bestuur en eienaarskap. Ja, jy is eintlik verantwoordelik. Pateties. Het jy al self 'n aand soos 'n gas in elke kamer deurgebring met jou kos en bagasie? 'n Duidelike nee! Ons was ook in die gasvryheidsbedryf! Ons plek was 'n wenner, want ons het dit self beheer en was persoonlik betrokke. Sies, ek skaam my vir julle. Ons was in Mthatha in 'n baie meer professionele plek en toe kry ons hierdie skok.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Adele S - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Adele S
Saam met vriende

Ontspannend en kommer vry.

Was heerlik. Kon rus en ontspan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vanaf
R880
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R880
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R880
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Andrike-straat, Shabanga Guest Farm, Cove Ridge, 5208, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb36ceeb0cf99717cb81b7f7ce18524786440f8f6775ebf8d9bd04fe3e6fd6f3f94f8f726eeeba37a1b49a57ec6ab4b71b416?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R880 per nag (plek vir 2) 2 5 1 4 Andrike Street Shabanga Guest Farm 5208 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.070407 27.7966707
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem