Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Shad Shack

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Shad-rylaan 495, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Shad Shack 'n bekoorlike selfsorghuis in die idilliese kusdorp Ramsgate, wat ideaal is vir 'n gesin of 'n groep vriende wat op soek is na 'n rustige wegbreek met privaat toegang tot die strand.

Die lieflike huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gaste in dié slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad en stort. Die laaste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n gastetoilet. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die leefarea het 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, lugbraaier, broodrooster, yskas-vrieskas, ysmasjien, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel vir 10 gaste en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel, koffietafels, 'n platskerm-TV en gratis WiFi om DStv en Netflix te stroom.

Die leefarea lei na die onderdakstoep met 'n eetarea en 'n losstaande, multifunksionele gasbraai, pizza-stene, woks en paellapanne. Gaste kan in die swembad, met 'n bedekking wat maklik is om oor te sit en af te haal, afkoel, piekniek in die tuin hou of langs die ingeboude braai kuier. Veilige parkeerplek in 'n toesluitmotorhuis is beskikbaar vir 1 voertuig. Ekstra parkeerplek is agter 'n elektriese hek beskikbaar. Daar is ook 'n pooltafel en 'n veerpyltjiebord.

Daar is 'n boorgat wat water verskaf, asook 'n omsetter en sonpanele.

Slaapplek

’n Bespreking by Shad Shack sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 1 resensie vir Shad Shack
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Angelique Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Jaar gelys 1

Ligging

  • Shad-rylaan 495, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Shad Shack het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Shad-rylaan 495, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA039b56d8a33b457c1b5181d69e6933f057d38b0432ca33c0801f945bece3fb4d24a455ed58631afa51ab6d2509d52f7b1ec9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8) 1 5 1 5 495 Shad Drive Ramsgate 4285 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.8830722 30.3549457
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem