Shalem

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Shalem is in 'n groen, subtropiese tuin in die voorstad Westville geleë. Naby die stad, maar nie in die stad nie. Kom geniet die natuur met ryk voëllewe, plantegroei en naggeluide, 'n lafenis vir jou siel. Maar tog naby genoeg aan winkelsentrums en ander besienswaardighede.

West Way besigheidspark, Pavillion winkelsentrum en Westville hospitaal is 2 km ver. Westville is slegs 15 minute se ry vanaf die sentrale sakegebied en die noordelike strande van Durban. Dit het maklike toegang tot die M13, M19, N2 en N3.

Die gastehuis beskik oor 4 slaapkamers. Daar is 2 kamers met 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed. Die derde en vierde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer. Daar is koffie- en teemaakgeriewe, haardroër, vars handdoeke, gratis toiletware en DStv in elke kamer.

WiFi en parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Gaste kan ontspan in die tuin, by die swembad of in die gemeubileerde woonkamer met pooltafel en DStv. 'n Ten volle toegeruste kombuis is beskikbaar vir gaste om te benut.

'n Kontinentale ontbyt word voorsien, tensy daar spesifiek net vir selfsorg bespreek word.

Shalem is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Shalem gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za