Table View Akkommodasie by Shalimar B&B | LekkeSlaap
+14
+14

Shalimar B&B

  • Vanaf R690 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blaauwberg-straat 175, Table View, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10

Beskrywing

Shalimar B&B is 'n gastehuis in Table View, Kaapstad, wat deur die eienaar bestuur word. Dié gastehuis is 2 km vanaf die gewilde vlieërplankry-bestemming, Bloubergstrand, geleë.

Verblyf bestaan uit 2 kamers wat uniek versier is. Elke kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook gratis WiFi en 'n slim-TV met Netflix.

Ontbyt word in die eetarea bedien. Aandete kan teen ekstra koste gereël word. Die gastehuis spog ook met 'n gastesitkamer, 'n gemeenskaplike kombuis, 'n braai-area en veilige parkeerplek.

Shalimar B&B is ook oorkant die pad van die openbare MyCiti-busroete geleë. Die gastehuis is naby 'n paar restaurante, winkels en Bayside Mall is net 5 minute se ry van die gastehuis af.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Kantoorgeriewe
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 9 resensies vir Shalimar B&B
Netheid
5.0/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Blaauwberg-straat 175, Table View, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Shalimar B&B het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R690
per nag (plek vir 2)
Vanaf R690
per nag (plek vir 2)
Vanaf R690
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blaauwberg-straat 175, Table View, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAQy1oqAbeKBPzxdhibWG1vsU30DsIFUz1qdSJyzsmgA1CM5GrIR?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R690  per nag (plek vir 2) 9 5 1 5 175 Blaauwberg Road Table View 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -33.827604481872 18.501008963631
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za