LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Shangrila-Innibos | LekkeSlaap
+155

Shangrila-Innibos

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 112 resensies vir Shangrila-Innibos
Netheid
3.8/5
Diens
3.8/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.1/5
Waarde vir geld
3.7/5
Elsabe H - Mei 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elsabe H
Saam met vriende

Dit was baie rustig gewees.

Die personeel was baie vriendelik en baie behulpsaam.

Melissa D - Apr 2021
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Melissa D
Gesin met klein kinders

We had an amazing stay. If you want peace and quiet from your busy daily lives, then this is the place for you.

Met a lot of friendly people. The hosts were very nice and if you want that bush experience I recommend this place.

Ilze V - Apr 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
2/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Ilze V
Gesin met klein kinders

Pragtige kampering en verblyf met vriendelike personeel. Lawaai van die pad en kuierplekke se kant af in die aand is effe steurend.

Shangrila Innibos het 'n wenner oord waar alles pragtig skoon en netjies is en die personeel is baie vriendelik en behulpsaam, maar ek dink die ligging is nie so puik nie. Die verkeer op die hoofpad en die musiek van die kroeë se kant af kan tot laat gehoor word oor die naweek. Maar dit beteken ook die oord is naby alle aktiwiteite.

Monica P - Apr 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Monica P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit is die rustigste atmosfeer en baie veilig, netjies en regte bos gevoel.

Mooiste natuur, skoon, veilig, rustig, personeel baie behulpsaam.

Celeste E - Feb 2021
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Celeste E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Staff extremely friendly and helpful, will definitely visit again.

Very friendly. Awaited us as we were there after clock in time due to late work. Staff super friendly clean rooms. Our key deposit was paid back in time and received honest and professional service, will definitely recommend.

Judy J - Jan 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Judy J

Heerlike rustige juweeltjie.

Personeel doen baie moeite om vakansiegangers te gemoed te kom en te akkomodeer.

Shangrila-Innibos's terugvoer

Dankie vir jou terugvoering Judy, ons geniet wat ons doen en ons gaste se belange is prioriteit vir ons.

Hoop om julle gou weer te sien.

Shangrila-innibos Country Lodge
Bestuur

Shangrila-Innibos
Johan B - Jan 2021
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan B
Gesin met klein kinders

Rustig, uniek, netjies en wel geleë.

Nie net is dit naby aan die meeste bestemmings nie, maar dit bied ’n ontsnapping uit die stadsgewoel. Die fasiliteite is kreatief ontwerp wat enige toeris sal pas: van tent tot smaakvol. Die mak diere en Bella, die hond, was ’n treat. Die oord is uniek ontwerp met genoeg privaatheid en veiligheid.

Shangrila-Innibos's terugvoer

Jou terugvoering word opreg waardeer Johan, en dit maak al die harde werk die moeite werd. Ons dra jou terugvoering graag oor na die personeel en na Bella toe. Hoop om julle weer iewers in die toekoms by ons te kan verwelkom.

Shangrila-Innibos
Rudi P - Jan 2021
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
1/5
Ligging
3/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Rudi P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Slegste ervaring ooit

Die eienaar is die mens met die swakste eienskappe, geen mense-verhoudings nie. Een aand net na 9 gaan die krag af, toe ek en die persoon in die eenheid langs ons ondersoek instel, kry ons die eienaar maar sy hele huis het krag maar geen van die besoekers nie. Ek vra hom toe uit daaroor toe begin hy my vloek en sê ek moet vertrek van sy perseel af (hy het my sleg gevloek waarna ek hom mooi gevra het om my nie te vloek nie), hy het so erg tekere gegaan dat sy dogter hom moes kom kalmeer het. Die eenheid waarin ons gebly het, het geen ventilasie nie en indien geen krag moet jy die deur oopmaak. Maar hoe moet mens met 'n oop deur slaap? Ek sal baie graag wil hê 'n inspekteur moet daardie eenhede gaan ondersoek, want indien brand is daar 'n groot moontlikheid dat jy kan doodbrand in daardie eenhede. Asook hulle adverteer 'n spa, maar daar is geen spa nie, asook die restaurant.

Pierre B - Des 2020
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Pierre B
Gesin met klein kinders

Sien sterre.

Rustig en naby alles in Harties. Lekker vir kinders.

Zanele M - Des 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
2/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Zanele M
Gesin met klein kinders

It's a convenient place for family and friends.

Good place for holiday, however the network in the rooms has poor reception.

Lenie O - Nov 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lenie O
Saam met vriende

Skoon en netjies. Goeie ligging.

Uitstekend vir 'n wegbreek.

Nikki N - Nov 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nikki N
Gesin met tieners

Vreeslik lekker gekuier. Baie dankie aan Memory vir haar puik diens en gasvryheid.

Die dames in die spa is vreeslik vriendelik en baie professioneel. Sal beslis weer van die dienste gebruik maak wanneer ons weer daar gaan kuier.

Lindiwe D - Nov 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lindiwe D
Saam met eggenoot / lewensmaat

I loved being in the environment. Staff is very welcoming including the animals. I will be visiting them again. Loved it.

I'm planning to take the family on my next trip.

Wilma C - Nov 2020
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Wilma C
Saam met vriende

Wonderlike plek en mense.

Oom Sarel is die eienaar en hy is waarlik ’n goeie mens wat ons gehelp het die naweek na die groot reën. Awesome lekker atmosfeer, mense is vriendelik en behulpsaam. Oom Sarel doen alles in sy vermoë om sy mense en kampers lekker te laat kuier. Julle is die beste.

Laura V - Okt 2020
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Laura V
Gesin met tieners

Rustig. In die natuur. Naby aan alles.

Mooi, veilig en rustig.

Lizelle W - Okt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Lizelle W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik rustig

Heerlik rustig, veral as jy van natuur hou

Jan-hendri S - Okt 2020
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Jan-hendri S
Gesin met klein kinders

Rustig,goed gelee

Ons het baie lekker gebly. Dit is baie rustig en naby aan die meeste lekker plekke. Voel ook veilig daar. Sal weer daar oorslaap in die toekoms.

Deidre M - Sep 2020
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Deidre M
Gesin met klein kinders

Vriendelike diens, die perseel kort bietjie aandag veral die kinderspeel-area. Die swembad is baie mooi opgepas en groot genoeg om in te baljaar vir alle ouderdomme.

Vriendelike diens, deposito baie vinnig terugbetaal. Goeie diens van alle personnel ontvang.

Mona V - Sep 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mona V
Gesin met tieners

Ons het net een aand oorgebly. Maar sal beslis weer gaan en langer bly!

Lekker wegbreek plek naby als.

Judy R - Feb 2020
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
2/5
Judy R
Gesin met klein kinders

Eienaars was baie vriendelik, maar is ietwat teleurgesteld in die plekkie!

Met aankoms het die dame/werker wat ons vergesel het na ons kamer 'n mondvol kos gehad en moes ek eers wag dat sy kou en sluk voor sy my gegroet het, maar was toe heel vriendelik. Kamers was stowwerig en het bedompig geruik. Dit wil voorkom of daar geen instandhouding gedoen word nie. Die wasbak se prop was gebreek, water het deurgeloop al was die prop toe en moes eers die wasbak uitwas as gevolg van stowwerigheid. Die gordyne het halfmas gehang, helfte van die gordyn was nie op die reëling gehak nie. By die muurprop langs die bed was dit stowwerig en vol spinnerakke. Ons wou ook nie te veel aan die stortkrane draai nie omdat dit gelyk het asof dit enige oomblik gaan afval, stortgordyne is ook lankal uit die mode en 'n groot no no, almal gril as dit teen mens plak terwyl jy stort. 'n Nat handdoek was agter die deur van die badkamer, nie seker of dit van vorige gaste was of dalk 'n handdoek waarmee skoongemaak is. Die sekuriteitswag by die hek was ook nie altyd op sy pos nie en moes ons 'n paar keer die toeter druk voor daar reaksie was. Ons was die Saterdagaand by 'n troue en het vooraf met die wag gereël dat ons laat sal inkom. Ons het 'n hele rukkie gewag voor die hek, dit was middernag en pikdonker, definitief 'n gevaar vir die land waarin ons bly.

Shangrila-Innibos's terugvoer

Goeiemiddag Judy

Dankie vir jou terugvoering. Ons beskou dit in 'n positiewe lig en gaan verseker aandag daaraan gee. Lynette het 'n operasie ondergaan wat ongelukkig nie geslaagd was nie en waarvoor sy binnekort vir 'n opvolg operasie sal moet gaan. Ons het reeds besef dat ons 'n persoon sal nodig het om haar te vervang, en het ons so pas 'n persoon aangestel wat baie deeglik gaan omsien na die "housekeeping", algemene instandhouding, tuine asook die sekuriteite hek en wag.

Ons vra egter opreg om verskoning vir die ongerief gedurende julle verblyf.

Hartlike groete

Shangrila-innibos
Bestuur en Eienaars

Shangrila-Innibos
Natalie P - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Natalie P
Gesin met klein kinders

Peaceful, relaxed, fun, and loved the nature.

I would definitely recommend it to everyone.

Shangrila-Innibos's terugvoer

So good to hear that you've enjoyed yourself Natalie - looking forward to seeing you again!
Warm regards,
Shangrila-innibos Management

Shangrila-Innibos
Rita K - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Rita K
Gesin met klein kinders

Die ligging van Shangrila is puik om die omgewing te besoek. Dit is naby aan al die doendinge.

Ons het regtig lekker gekuier en ontspan. Dit is net die netheid van die tente en geriewe. Asb. maak ordentlik skoon en vervang die matrasse en kussings. Ons is almal gebyt deur goggas in die matrasse.

Shangrila-Innibos's terugvoer

Dankie vir jou terugvoering Rita - ons het reeds ondersoek ingestel en die probleem is aangespreek. Ons vermoed dit was a.g.v. die hoe temperature wat ons gehad het en die groot reen daarna wat alles vogtig gemaak het, maar dit is reeds uitgesorteer.
Ons is bly om te hoor dat julle die verblyf verder geniet het en hoop om julle weer by ons te kan ontvang.

Shangrila-Innibos
John O - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
John O
Gesin met klein kinders

Lekker in die bos.

Hartlik ontvang deur huishoudsters. Baie hulpvaardig, pragtige beboste area met volop voëllewe en lieflike plantegroei.

Yolanda O - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Yolanda O
Gesin met tieners

Het baie lekker daar gekuier. Die eienaar is 'n ster.

Sien sterre.

Shangrila-Innibos's terugvoer

Dankie vir jou terugvoering Yolanda, dit was baie aangenaam om julle by ons te kon ontvang het. Jammer ek kon julle nie sien nie, aangesien ek nie "mobile" was na my operasie nie. Hoop om julle weer iewers in die toekoms by ons te verwelkom.
Vriendelike groete
Sarel & Lynette Erasmus

Shangrila-Innibos
Potipoti N - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
2/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Potipoti N

Bad attitude.

We were not happy at all. They were always complaining about noise.

Shangrila-Innibos's terugvoer

Hi Potipoti, thank you for your comment.
Yes, we do have to take everybody's privacy into consideration - if everyone starts playing there own music as loud as they can - what is going to happen. Therefore each and every guest that check-in receives a copy of our house rules and of which the first important note is that about the noise levels.
There are families with small babies and children as well as elderly guests who need to go to sleep at a certain time as we are a family orientated Lodge. There are some places that don't allow any music at all. At least we say that you can play your music as long as it doesn't disturb your neighbour and also that it must be switched off completely at 22:00 at night which is fair towards the other guests. We trust that you will understand the situation in a better way from this perspective.
Kind regards,
Shangrila-innibos
Management

Shangrila-Innibos
Laurinda V - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Laurinda V
Gesin met klein kinders

Slegste ondervinding van my lewe.

Ons is bitter teleurgesteld in die plek wat ons geboek het. Ons het hier aangekom en was ontvang deur een van die dames wat skoonmaak. Toe sy ons na die kamer vat was hy nog vuil, maar ergste was die mat is baie vuil en die bed se kopstuk. Lyk of dit 10 jaar laas gewas is en my kamer by die huis is skoner. So ons gaan nie hier bly nie. Ek het 'n 3 maande oue baba en dis baie onhigiëniese vir haar. Die plek skep 'n goeie indruk op die fotos wat jy sien maar as jy hier kom is dit n hele ander prentjie. Geen persoon wil in 'n vuil kamer slaap nie. Daar is ook geen parkering in die koelte of naby die kamer nie. Die braaigeriewe is ook net 'n patetiese staalbraai. Dis nie eers privaat nie. Dit was ons 2 jaar huweliksherdenking en ons het R1000 se brandstof gemors.

Shangrila-Innibos's terugvoer

Dankie vir jou terugvoering Laurinda. Net 'n paar feite van ons kant af - die dame wat julle ontvang het is die hoof van al die skoonmaak personeel wat ook soms behulpsaam is met die ontvangs en afsien van gaste. Dit was nie sy wat julle (jou) na die kamer toe geneem het nie, maar een van die mede-eienaars wat jou 'n guns probeer bewys het deurdat jy genoem het dat julle vleis in die motor het wat so vinnig as moontlik in 'n yskas moes kom. Die dame het jou vriendelik daarop gewys dat die inklok-tyd vir julle - soos ook duidelik op die bevestiging geskryf staan wat julle per e-pos ontvang het voor die tyd, vanaf 14:00 is, aangesien die gaste wat net voor julle bespreek was (en waarvan die terugvoering hieronder verskyn) teen hulle geregtelike tyd van 11:00 uitgeklok het en dat die skoonmakers besig was om die kamer skoon te maak en voor te berei vir julle en dat dit teen 14:00 gereed sou wees, maar sy het ook aangebied om dit so gou as moontlik in gereedheid vir julle te probeer kry het. Onthou julle het net na 12:00 hier opgedaag wat omtrent 2 ure te vroeg vir julle inklok tyd was. Die eienaar het ongelukkig die fout begaan om jou soontoe te neem om jou vleis solank in die yskas te gaan sit het terwyl die span hulle bes sou doen om die kamer so gou as moontlik gereed te gekry het vir julle. Wat daarna gebeur het was absoluut ongevraagd en uit plek uit. Eers het jou man gese dat dit nie die eenheid is wat julle bespreek het nie, en toe ek julle die skriftelike bespreking wou wys het hy erken dat dit wel die oornag kamer is wat julle self bespreek het. Daarna was dit die storie oor die "vuil" kopstuk wat ons ook aan julle verduidelik het dat ons gebruik maak van 'n baie sterk stoomskoonmaker wat terselfdertyd, was & droogsuig. Dit is 'n ligte kleur kopstuk en die mat is nog ligter van kleur wat enige merk onmiddelik wys. Ons gebruik hierdie stoomskoonmaker elke keer sodra die kamers verwissel waar en wanneer dit ookal nodig is. Verder is die lugreeling direk op die kopstuk gestel wat die droogmaak-proses aansienlik verkort indien dit nodig is. Die braai waarna jy verwys is 1 van omtrent 20 losstaande braai's wat ons gebruik by al die oornag kamers en eenhede, aangesien die gaste daarvan hou om dit rond te dra en te sit op verskillende plekke in die tuin of waarookal hulle wil braai. Die kamer en sy braaiplek is 100% privaat met sy eie ingang en stoep en ook vir die feit dat daar geen ander oornag kamers langs dit is nie. Ons het nog geen probleem gehad met enige van die vorige gaste oor die parkeerplek nie - daar is genoegsame, veilige parkering asook 'n beton paaidjie na die kamer sonder enige trappe of hindernisse en wat boonop goed belig is in die aand.
Ons is teleurgesteld oor julle optrede en voel dat dit werklik totaal onnodig en ongevraagd was. Indien julle teen die inkloktyd van 14:00 sou opgedaag het soos julle veronderstel was, sou die kamer gereed gewees het en sou hierdie onaangename insident nie plaasgevind het nie. As gevolg van hierdie gebeurtenis het ons ons inklok- en vertrektye baie strenger aangepas vir enige toekomstige besprekings.

Shangrila-Innibos
Tobie R - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tobie R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Goet geleë en baie netjies is dit verseker top waarde vir die geld.

Die eenheid was skoon, netjies en modern. Die swembad was silwerskoon en omgewing goed in stand gehou. Ons het gebruik gemaak van die aanbieding van 'n ontbyt wat op 'n hoë standaard was.

Shangrila-Innibos's terugvoer

Dankie vir die terugvoering Tobie. Ek is bly om te hoor julle het die Manor Main so geniet sowel as die res van die Lodge en die ontbyt. Ons hoop verseker om julle weer by ons te kan ontvang in die toekoms.

Vriendelike groete
Eienaars en span

Shangrila-Innibos
Lizelle S - Nov 2019
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Lizelle S

Absoluut power.

Sal geensins weer besoek nie.

Shangrila-Innibos's terugvoer

Goeiedag Lizelle,

Dankie vir die terugvoering. Dit was 'n plesier om julle by ons te ontvang het en ons voel ook dat julle die verblyf baie geniet het. Jammer dat jy ongelukkig is omdat jy nie die 1 x nag se betaling kon terugkry omdat julle vroeer vertrek het nie. Ons het jou vriendelik daarop gewys dat alle gastehuise, vakansieoorde, Lodges, Hotel , Lugrederye ens. kansellasie klousules het a.g.v. administrasie kostes ens. wat die gaste nie altyd kennis van dra nie.

Vriendelike groete Shangrila-innibos Bestuur

Shangrila-Innibos
Anita F - Nov 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Anita F
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker oorslaapkamers as jy Harties wil verken.

Ons het ingeboek in die French stables. Pragtig ingerig en ruim. Ideale plek vir oornag. Die verkeer op die hoofpad het bietjie gepla deur die dag maar deur die aand was dit nie 'n probleem nie. Baie mooi versorgde tuin en die poue wat pronk maak dit spesiaal.

Shangrila-Innibos's terugvoer

Beste Anita,

Baie dankie vir die terugvoer.

Ja, die verkeer is 'n bietjie van 'n probleem op die oomblik - daar is 'n nuwe hoofweg wat in aanbou is wat die Lanseria verkeer direk gaan verbind met die Rustenburg hoofweg. Ons inligting is dat dit teen die einde November '19 voltooi sal wees wat die verkeer aansienlik by ons gaan laat afneem.

Ons hoop om julle weer iewers in die toekoms by ons te kan ontvang.

Vriendelike groete
Shangrila-Innibos Bestuur

Shangrila-Innibos
Rochel C - Nov 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Rochel C
Saam met vriende

Netjies en mooi.

Ek sal dit waardeer as lugversorgers in die stalkamers geïnstalleer kon word.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Neat and pretty.

I would appreciate if air conditioners could be installed in the stable rooms.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Shangrila-Innibos's terugvoer

Hi Rochel,
Yes, that would have been ideal, but seeing that our focus is on affordability it doesn't meet the criteria - but we will certainly consider it with the climate change that we are now facing.
Kind regards,
Shangrila-Innibos Management

Shangrila-Innibos
Grace S - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Grace S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Het slegs oorgeslaap, was daar vir besigheid.

Sal aanbeveel dat hulle 'n tuck shop oopmaak. Na 'n lang dag moes ons weer uitry om koeldrank te gaan koop.

Shangrila-Innibos's terugvoer

Goeiedag Grace

Jammer dat julle moes uitry om koeldrank te gaan koop het - as julle net gevra het sou ons julle gese het dat ons wel 'n paar koeldranke en ys aanhou vir noodgevalle - omdat ons so naby aan al die geriewe hier is, is dit nie lonend om 'n "tuck shop" aan te hou nie - die Bosveld winkeltjie is loopafstand van ons af en Spar minder as 1.8km.
Nietemin - dit was lekker om julle te ontmoet het en ons hoop om julle weer te sien as julle hier verbykom.
Vriendelike groete!
Sarel & Lynette Erasmus
(Eienaars)

Shangrila-Innibos
Nazreen H - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Nazreen H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker plek maar die instandhouding kort aandag.

Lekker plek. Tuin het instandhouding nodig.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Very nice place; however, maintenance is lacking.

Nice place. Garden needs more maintenance.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Shangrila-Innibos's terugvoer

Hi Nazreen,
Thanks for your feedback. Yes, we are praying for rain, the drought from the last 2 - 3 years, as well as the severe heat, is taking its toll on the entire environment. Most people don't realize how serious the effect of the drought is until they visit the North West province. Our hearts are breaking if we look at the past photo's how lush and green everything was. Please keep us in your prayers not to mention all of the farmers in the area.
Warm regards
Shangrila-Innibos management

Shangrila-Innibos
Anna-marie M - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anna-marie M
Gesin met klein kinders

Pragtige plek, wonderlike mense!

Baie mooi en oulike plek! Sal weer daar gaan oornag!

Shangrila-Innibos's terugvoer

Hi Anna-marie,
Julle is enige tyd welkom ons sien uit daarna om julle weer by ons te ontvang - veral in die somer wanneer ons reen gehad het, sodat julle kan sien hoe mooi die natuurskoon hier kan wees.
Vriendelike groete
Sarel & Lynette Erasmus

Shangrila-Innibos
Theresa P - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
1/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Theresa P
Gesin met klein kinders

Mixed feelings.

Ons was laat as gevolg van verkeer. Die eienaars het vir ons gewag wat baie gehelp het ─ inboek was baie vinnig, die mense is vriendelik en behulpsaam. Maar die ander gaste was baie besig en het harde musiek tot na een in die oggende gespeel. Ons het ook geen privaatheid gehad nie. Almal het deur ons kampplek geloop waarna ons toe kla en barrier tape opgesit was wat dit gehelp het. Ek kon die laaste aand eers na 3 gaan slaap toe die ander gaste ophou kuier en skree. Verder het ons lekker gebly.

Shangrila-Innibos's terugvoer

Goeiedag Theresa,

Ons is regtig jammer oor die ander gaste se geraas wat julle uit die slaap uit gehou het - hulle was wel baie deeglik aangespreek gewees toe dit onder ons aandag gekom het. Dit is egter 'n moeilike situasie, aangesien sekere kulture meer luidrugtig praat as ander en klank veral in die nag erger klink en verder trek as in die dag. Ons het hulle egter baie duidelik attend gemaak op die ander gaste se privaatheid wat ten alle tye gerespekteer moet word - nie dat dit 'n verskoning is nie, maar dit was hulle 1ste keer dat hulle op 'n Lodge/vakansie plek oorgebly het - hopelik sal hulle dit verstaan en onthou wanneer hulle weer oorbly op 'n soortgelyke plek.
Die kwessie van die ander gaste wat deur julle kampeerplek geloop het gaan ons beslis aandag aan gee, deur reelings aan te bring sodat dit nie weer sal gebeur nie.
Dit was lekker om julle te ontmoet het en veral julle oulike en goed gemanierde kinders.

Vriendelike groete
Sarel & Lynette Erasmus
(Eienaars)

Shangrila-Innibos
Taryn-lee P - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Taryn-lee P
Saam met eggenoot / lewensmaat

OK.

Dit was 'n goeie verblyf, die enigste ding wat nie aangenaam was nie, is die hoender wat omstreeks 04:00 die oggend begin kraai, asook al die poue wat gedurende die dag gekraai het, en daarna op die blikdak begin speel vanaf 07:00. Geen laat slaap daar nie.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Okay stay.

It was a good stay, the only thing that wasn't pleasing is the chicken that started crowing at about 04:00 the morning, as well as all the peacocks crowing throughout the day, and then started having play time on the tin roof from 07:00. No late sleeping there.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Shangrila-Innibos's terugvoer

Hi Taryn-lee

Our sincere apologies for the noise from the animals - it's breeding time at the moment and that's why the males are behaving more loudly than normal - we are aware of the problem and are busy making some plans to move them to another area for the duration of the breeding season. Thanks for visiting us and we hope to see you again sometime in future.
Warm regards
Shangrila-innibos
Management

Shangrila-Innibos
Trude C - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Trude C
Gesin met klein kinders

Fantasiese waarde vir jou geld.

Ek is gaande oor die plek. As dit so pragtig is in die Winter, Sal ek dit baie graag in die Somer Wil sien! Fantastiese bos-ervaring met alles wat jy nodig het!

Graham E - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Graham E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was baie rustig en het dit baie geniet.

Awesome vir voëlliefhebbers!

Demi F - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Demi F

So tuis soos by jou eie huis.

Ons het die beste tyd gehad by Shangrila-Innibos. Die twee eienaars was so vriendelik en behulpsaam gewees. DIt is rustig, netjies en skoon. Daar is oulike diertjies soos honde, katte, poue en hoenders asook hasies gewees met die mooiste maniere en baie mak. Ek sal beslis weer hier gaan bly in die toekoms. Baie dankie vir die oulike plekkie en al julle moeite.

Shangrila-Innibos's terugvoer

Baie dankie Demi vir die terugvoering dit maak alles beslis die moeite werd. Dit sal vir ons 'n voorreg en 'n plesier wees om julle weer hier te kan verwelkom hoor!
Vriendelike groete,
Sarel en Lynette
(Eienaars)

Shangrila-Innibos
Marlene V - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marlene V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie vriendelike mense en baie goeie diens. Baie mooi plek en die dame wat my gehelp bespreek het, ken haar storie.

Ons het lekker gebly, dit was skoon en die mense daar is baie vriendelik en behulpsaam. Hulle het ons verduidelik waar ons kan gaan om 'n lekker tyd te kan hê. Ons sal beslis weer soontoe gaan!

Shangrila-Innibos's terugvoer

Goeiemiddag Marlene,
Dit was 'n voorreg en groot plesier om julle by ons te kon ontvang het. Hoop om julle sommer binnekort weer te sien!

Vriendelike groete
Sarel & Lynette Erasmus

Shangrila-Innibos
Annalie R - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Annalie R
Gesin met klein kinders

Bitter lekker, kan nie wag vir volgende keer nie.

Sien sterre.

Shangrila-Innibos's terugvoer

Baie dankie vir die terugvoer, Annalie. Dit maak alles die moeite werd.

Vriendelike groete,
Shangrila-Innibos

Shangrila-Innibos
Pieter D - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
1/5
Ligging
2/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
1/5
Pieter D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Misleidend.

Geleë teen hoofpad. Raserig

Kaitlinn M - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
2/5
Ligging
4/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Kaitlinn M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Too expensive for what you get and security guard not very vigilant.

Too expensive for what you get. Security guard not very vigilant, he did not appear at all when we got back from our function and we had to phone the owner to open the gate.

Stephani V - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Stephani V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Onaangenaam.

Die eenheid was baie stowwerig, daar was dooie spinnekoppe in die kombuislaaie, beddegoed het na stof geruik, tafeldoek oor tafel het een groot gat gehad, TV remote het nie gewerk nie. Daar is hoenders op die erf wat 2 uur die oggend al begin raas en hulle hou net nie op nie. Daar word op die webblad adverteer dat daar 'n restaurant is, maar dié is nie in werking nie. Foto's is nie 'n akkurate uitbeelding van wat jy kry nie. Ons breakage deposit is eers na 8 dae betaal na baie oproepe en baie verskonings. Dis veronderstel om volgens die booking confirmation na 2 tot 3 dae betaal te word. Overall 'n baie onaangename verblyf.

Shangrila-Innibos's terugvoer

Beste Stephani,

Ons neem kennis van jou terugvoer en sien dit as positiewe tog opbouende kritiek waaraan ons verseker aandag sal gee.

Sover dit die breekdeposito aanbetref: ons het ongelukkig 'n persoon in diens gehad wat nie haar pligte nagekom het soos sy veronderstel was om te gedoen het nie deur die opdrag betyds deur te gee vir die deposito om terug betaal te word nie. Sy is gelukkig nie meer in ons diens nie.

Groete,
Shangrila-Innibos

Shangrila-Innibos
Chanté V - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
1/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Chanté V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Shangrila-Innibos het 'n terugbetaalbare deposito gevra, maar na twee weke dit nog nie terug betaal nie.

Sien sterre.

Shangrila-Innibos's terugvoer

Ons vra om verskoning vir die laat terugbetaling van die breekdeposito, Chanté. Ons het ongelukkig 'n persoon in diens gehad wat ons baie skade berokken het veral wat die terugbetaling van die breekdeposito's aanbetref wat sy nie betyds deurgegee het om terugbetaal te word nie. Gelukkig is sy nie meer in ons diens nie en is hierdie probleem deeglik aangespreek.

Shangrila-Innibos
Karen N - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Karen N
Gesin met tieners

Rustig.

Kamer was netjies en skoon. Het deur die dag rondgery en net snags kom slaap. Goeie sekuriteit.

Shangrila-Innibos's terugvoer

Baie dankie vir die terugvoer, Karen. Ons doen wat ons graag wil doen en sulke aanmerkings maak alles die moeite werd.

Shangrila-Innibos
Schalk B - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
2/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
1/5
Schalk B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Swak! Erg teleurgesteld vir die prys wat jy betaal.

Pasop vir dit wat jy sien op die webtuiste. Dit is nie naastenby so mooi nie. Plek was verwaarloos. Ons het in die French Stables ingeboek en die volgende oggend uitgeboek. Eerste stable se bed was stukkend en ons is toe verskuif na 'n ander stable waarvan die beddegoed vuil was. Daar was die aand geen warm water sowel as die volgende oggend. Daar was ander mense ook in die stables en niemand het warm water gehad nie. Het dit die volgende oggend gaan rapporteer om uit te vind dat hulle nooit die geiser aangesit het nie en dit nadat hulle my telefonies en per SMS in kennis gestel het van my bespreking en aankoms. Ek het gesien hier is swak bestuur en toesig en beheer en om daardie redes het ons uitgeboek. Ek sukkel al amper 3-4 weke om my geld terug uit hulle te kry, want dit is verskonings op verskonings en toe hulle wel terug betaal was dit maar net 'n bietjie meer as my breekskadedeposito. Dit nadat ek die hele verblyf vooruitbetaal het. Ek sê weer, dink maar mooi. Nee wat, hulle sal my nooit weer sien nie en geensins aanbeveel nie tensy daar drastiese verandering kom t.o.v. bestuur ens.

Shangrila-Innibos's terugvoer

Goeiedag Schalk,

Baie dankie vir jou terug voer.

Die geyser was alleenlik af omdat daar beurtkrag was. Ons vra groot om verskoning daarvoor.

Jy het sover nog net R1000.00 terug ontvang omdat ons wag vir die agentskap om ons terug te betaal vir jou bespreking. Ons het gedink ons doen jou goed om solank R1000.00 oor tebetaal uit ons sak omdat ons nog nie die hele kanselasie proses met die agentskap deurgegaan het nie. Ek is bitter teleurgesteld in jou opmerkings en gaan dit verder opneem.

Groete,
Shangrila-Innibos

Shangrila-Innibos
Louise P - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Louise P
Gesin met klein kinders

Peaceful and truly in the bush.

The wildlife is awesome to be surrounded with. Each chalet is built for own privacy.

Dj V - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Dj V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Moeite werd en waarde vir geld.

Baie sentraal geleë, netjies en skoon. Selfsorg eenheid het alle basiese benodigdhede. Dit sou egter baie waardeer word indien 'n mikrogolfoond ook in die toekoms beskikbaar sou wees - dis sal die lewe baie vergemaklik. Tweeplaatstofies is iets van die verlede!

Remco P - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Remco P
Gesin met klein kinders

Nice spots.

Great place. Along a busy road but good place to explore the Magaliesberg from. Camping spots spacious and appropriate.

Ilinda S - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
1/5
Ilinda S
Gesin met klein kinders

Nie waarde vir geld nie.

Verblyf was glad nie waarde vir geld nie. Badgeriewe was uiters swak. Matrasse waarop kinders moes slaap was superdun. Klein kinders kon nie op die bunkbedjies slaap nie daar was geen kante om te keer dat hul afval.

Jan D - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Jan D
Saam met vriende

Ok.

Plek oukei vir kort verblyf.

Gideon K - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
2/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Gideon K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Met tye ongemaklik. Ek dink Shangrila-Innibos kan beter!

Die blyplek is nie sleg nie maar ek wil graag 'n paar aanbevelings maak (ek dink alles in die eenheid moet nagegaan word voor gaste arriveer). 1. Die badkamerdeur se hakkie hang aan een skroef. 2. Van die potte se deksels het nie knoppe op nie - net die leë skroewe, dit maak dit baie moeilik om te hanteer. 3. Die een prop in die kombuis (regs) laat die krag "trip" as jy stofie se prop indruk. 4. Die skuifdeur is los aan die regterkant (die hele deur druk sommer na links as jy die deur probeer toemaak, wat nogal moeilik kan wees. 5. Daar was net een papbord - dit kon tog vooraf nagegaan word. 6. Die blinders maak nie mooi toe nie, so in die aand, as die ligte aan is, kan enige persoon inkyk (bv. kombuis). 7. Sondagoggend was ongemaklik vir my vriend. Hy was badkamer toe en die toilet het gesukkel om te spoel. Hy moes meer as eenkeer spoel. Die gevolge het in die bad oorgeloop. Hy was natuurlik baie verskrik en skaam en ek kon toe glad nie die badkamer gebruik nie. Ek is nie seker hoe dit werk nie, maar daar was fout. Word die tenks en pype gereeld genoeg nagegaan? 8. Ons bure was ongelooflik luidrugtig tot na 24h die Saterdagnag. Ek weet nie of die gronde gepatrolleer word nie - sekuriteit kon dit dalk opgevolg het? (Ons kon dit seker ook gerapporteer het.) 9. Ontvangs was vriendelik maar half onbelangstellend en so-ook toe ons die sleutel afgelaai het, selfs nadat ons die badkamersaak genoem het. 10. Ek dink dat daar af en toe dalk bietjie onderhoudswerk gedoen kan word, die wittebroodsuite waarin ons gebly het (vanaf 1-3 Maart) beslis ingesluit! Ons is nie pasgetroud nie, maar as ek so omgekrap was oor klein dingetjies wat eintlik maar maklike onderhoudswerk is, kan ek my net 'n jong bruid indink wat moet sukkel met bv. kastrolle sonder knoppe. Ek sal nie die wittebroodsuite aanbeveel nie! Die tent-opsie lyk nou beter.

Bianca D - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Bianca D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustige atmosfeer.

Ons het dit vreeslik baie geniet, die personeel is baie vriendelik en hulpvaardig gewees. Ek sal enige tyd weer daarheen terug gaan, die enigste ding waaraan hulle moet werk is om die badkamer net skoon te maak voordat die gaste opdaag want daar was ontsettend baie spinnerakke wat dit onnet laat lyk het.

Riaan V - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Riaan V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Sal glad nie aanbeveel nie.

Glad nie waarde vir geld nie. Plek is verwaarloos en als is slegte kwaliteit. Nie vriendelik ontvang nie en mens sukkel om in en uit gaan by die plek, want die hek is die heeltyd gesluit en jy moet wag dat iemand jou raaksien om oop te kom sluit. Daar is wel 'n nommer by die hek wat hulle sê jy moet bel, maar die selfoon is af.

Bernice G - Feb 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Bernice G
Gesin met klein kinders

Ontspan!

Ons het die oornag baie geniet. Baie basies, maar baie vriendelik en meer as genoeg vir een aand. Ons het koffie vergeet en gasvrou het baie vinnig 'n plan gemaak. Huisie tussen die bome was ook baie lekker! Sal weer daar oornag.

Marlene V - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Marlene V
Gesin met tieners

Was net jammer die plek was nie so skoon nie.

Sien sterre.

Sharlene J - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sharlene J
Gesin met klein kinders

Asemrowend.

Vriendelike diens, rustige plek, skoon en netjies. Mooi diere en natuur.

Ian L - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
2/5
Ligging
4/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
3/5
Ian L
Gesin met klein kinders

Kamers is baie netjies.

Die verblyf is baie netjies mooi en skoon. Die tuin kan gerus aandag geniet en dalk meer as een werker om die plek skoon te hou en die hek te beman.

Louise H - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Louise H

Pragtige natuurskoon en vriendelike mense.

Ons was 'n groepie familie van 12. Van ons het in kamers en van ons in chalets gebly. Ons was in 'n karavaan. Vriendelik ontvang. Personeel behulpsaam. Terrein netjies. Karavaanstaanplekke tussen bome en naby swembad. Kombuisie en badkamer gerieflik naby staanplek. Ons karavaanyskas het opgepak en die personeel het aangebied om die vleis, slaaie ens. in die yskas by die kantoor te berg. Ons waardeer dit baie. Die poue is pragtig. Net jammer hulle aktiveer saans die alarm en dan gaan sirenes af. Dit pla nogals as mens wil slaap. Verder lekker gekuier.

Lizette P - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lizette P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik gewees.

Die verblyf was heerlik en ons het dit werklik geniet. Baie dankie.

Lizelle D - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Lizelle D
Gesin met klein kinders

Vuil, geen ventilasie in vertrekke nie.

Ek sal niemand aanbeveel nie vuil, geen ventilasie in vertrekke nie. Kombuis swak toegerus.

Carla B - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carla B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantasties!

Heerlike tyd daar gehad, was baie rustig. Voel naby aan natuur! Beveel dit beslis aan!

Lorraine V - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Lorraine V
Saam met vriende

Lekker gebly!

Ons was 'n groepie meisies wat vir die naweek weggebreek het. Ons het veilig gevoel en die plekkie was skoon en netjies. Die enigste nadeel is dat dit teen die pad is so mens hoor die verkeer duidelik (veral snags). Daar is ook net basiese eetgerei (wat wel so adverteer word). Ons het ons kurktrekker vergeet en ongelukkig was daar nie een beskikbaar nie. Ons het steeds definitief waarde vir geld gekry.

Louise S - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Louise S
Saam met vriende

Fantasties.

Die verblyf was uitsonderlik lekker, baie netjies en skoon.

Theo L - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Theo L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie goed, gerieflik, vriendelikheid by ontvangs en personeel!

Sal baie beslis weer hier tuisgaan met familie ingesluit en van massering gebruik maak!

Sunet G - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sunet G
Gesin met klein kinders

Indien ons vir iets gevra het was ons altyd gehelp.

Die eenheid met slaapplek vir 8 mense is net nie heeltemal selfsorg nie. Verder het ons die slaapplek, braai-area, diere, ontbyt en spa geniet.

Maretha S - Jun 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Maretha S
Gesin met tieners

Was lekker.

Dink net hulle kan aandag aan hulle beddens gee, matrasse moet vervang word.

Shangrila-Innibos's terugvoer

Dankie vir die terugvoering Maretha, ons sal verseker aandag daaraan gee.

Vriendelike groete
Bestuur

Shangrila-Innibos
Susan K - Apr 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Susan K

Pragtige kampterrein en veilig.

Die naweek was heerlik behalwe dat ons heeltemal uitgereën het. Enigste ding wat ek by die kamp sou verander is nog 'n toilet. 1 toilet vir 12 mense is bietjie erg.

Ami H - Mrt 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
2/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Ami H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Pity about rooms being so close to a main road, but over all pleasant.

Rooms were decorated nicely, pity the rooms are right on the main busy road. ground staff are lovely and friendly. A must would be to improve coffee facility in room. Cremora and Ricoffee were, well, for lack of better wording, bad to wake up to. A little garden walk with their lovely dog and chickens made up for it though. For the price, a small, simple, clean room was provided, smiles from helpful, friendly staff and they didn't charge the security deposit as I offered to pay cash so that I could get it back the next day. Definitely think coffee and maybe a continental breakfast would make this a little more worth while. Also, I tried for 3 days to get hold of the property e-mails and calls to try to arrange a slightly earlier check in as we had a wedding at 15:00 (1 hour to check in and get dressed), no answers or reply's were ever received. Has a lot of potential and great for a quick night stay for a function.

Dj V - Mrt 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Dj V
Gesin met klein kinders

Baie rustige bosveld atmosfeer wat jou lekker laat ontspan!

Dit is 'n baie netjies en rustige omgewing met 'n baie sentrale ligging t.o.v. die kuierplekke en besienswaardighede. Ons is vriendelik en professioneel ontvang en verwelkom. Alhoewel ons in die bush tente gebly het was dit netjies en skoon. Die badkamer en kombuis geriewe het alles bevat wat nodig is. Indien moontlik, sal dalk aanbeveel word dat daar 'n manier gevind kan word om meer sekuriteit t.o.v. die sluit van die tente verleen kan word en dalk 'n skerper lig binne in die tent wat aangeskakel kan word wanneer benodig. Dit is egter net 'n persoonlike opinie en mag dalk nie 'n probleem vir ander mense wees nie!

Shangrila-Innibos's terugvoer

Baie dankie vir die mooi terugvoer.
Sal vir seker na die beligting ens kyk.

Vriendelike groete,
Maryna
Shangrila-innibos

Shangrila-Innibos
Willene V - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Willene V
Gesin met tieners

Ons was nie baie beïndruk met die verblyfplek nie.

Die blyplek lyk beter op die foto's as in werklikheid. Die beddens se matrasse is in 'n swak toestand en kon ons nie 'n behoorlike nagrus inkry nie.

Ilse V - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Ilse V
Gesin met klein kinders

Baie lekker.

Baie lekker. Gaste net bietjie raserig na 2 die oggend.

Martha V - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Martha V
Gesin met klein kinders

Ons wou nie huis toe gaan nie. Ons wil nog langer bly!

Baie dankie aan Shangrila-Innibos se bestuur en pesoneel vir julle vriendelike diens. Julle plekkie is pragtig skoon en baie veilig en die plekkie is rustig met julle pragtige natuur. My kinders het die swembad vreeslik baie geniet. Ons gaan julle definitief weer besoek. Die prys was baie bekostigbaar en ons het ons tyd baie geniet. Geseënde Kersfees en voorspoedig nuwejaar aan een en elk en dankie vir mense soos julle met sulke pragtige plekke soos julle s'n.

Pascale P - Nov 2017
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Pascale P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Eenvoudig, sal net een aand hier kan bly.

Die kamer wat ons bespreek het (Log Cabin) was 'n oulike kamer met sy eie braai-area. Die kamer is redelik klein vir 2, maar die bed en kamer se versierings is mooi. Aandag aan skoonheid kan verbeter word. Daar is baie spinnerakke in die kamerhoeke. Ons het die kamer bespreek met ontbyt ingesluit - die onbyt was baie teleurstellend. Gaste is nie die opsie gegee om te kies watter kos hulle wil eet nie en die kos was vir jou opgeskep: 1 klein stukkie spek, 1 gebakte eier, 'n halwe worsie, slaai, 'n plaatkoekie met room en 'n piesang. Ek en my metgesel sou verkies het as die kos uitgesit was en ons self kon kies wat ons wou eet. Die kos was baie eenvoudig, onsmaaklik en het nie aan ons verwagtinge voldoen nie. Hierdie bestemming het potensiaal, maar het ongelukkig nie aan ons verwagtinge voldoen nie.

Shangrila-Innibos's terugvoer

Dankie vir die terugvoering. Dit sal verseker ons aandag geniet.

Shangrila-Innibos
Susan M - Nov 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Susan M
Gesin met klein kinders

Was baie lekker, en rustig. Sal enige tyd weer terug gaan.

Was baie vriendelik ontvang gewees, ons honeymoon suite was baie netjies en mooi. Ideale wegbreek vir 'n paartjie.

Willem S - Aug 2017
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Willem S
Gesin met tieners

Die mense rondom chalets raas verskriklik en tot laat.

Ek en my huisgesin was baie ongelukkig. Ons bure langsaan die chalet het tot laat in die aande geraas, ons moes vele kere die eienaar skakel om die wagte te vra om die mense stil te maak. Die swembad het geen water in. Die blyplek was heel lekker.

Shangrila-Innibos's terugvoer

Die swembad het onderhoud ondergaan tydens u verblyf. Die gaste wat nie die reëls van die Lodge eerbiedig het nie, was telkemale aangespreek daaroor en ons vra om verskoning vir hul onbedagsame gedrag.

Shangrila-Innibos
Nincke D - Jun 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nincke D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustig.

Baie beïndruk met plek, eienaars baie betrokke en vriendelik.

Niquita K - Jun 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Niquita K

A memorable experience, easy, safe, clean and overall an enjoyable environment!

It was such a great place, we enjoyed the tranquility and the privacy of the tented chalets. A fantastic choice for a large groups getting together for a weekend away.

Hans F - Mei 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Hans F
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was n vinnige besoek, maar ons sal beslis weer by Shangrila-Innibos wil tuisgaan.

Ons eenheid was aangrensend met 2 ander eenhede, die gaste langs ons het in die nag gebid en ons bietjie wakker gehou, sal volgende vra vir n chalet wat apart is.

Christine V - Apr 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Christine V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie vriendelike, aangename mense.

En die rustigheid van die plek is die rede hoekom ons weer Shangrila-Innibos sal besoek.

Thabo N - Feb 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Thabo N
Saam met eggenoot / lewensmaat

Very close to Hartebeesport Dam.

We had a lovely time enjoyed being in the warm swimming pool even though there was some lite rain.

Dorette J - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dorette J
Gesin met tieners

Rustig.

Rustige, skoon, netjiese kampplekke. Ligging is net te na aan besige pad wat raas met slapenstyd, maar verder baie lekker gekuier!

Lelanie R - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Lelanie R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was ontspannend en kommervry.

Ek was eerstens so beïndruk oor hoe georganiseerd en vriendelik die personeel was toe ons daaraan gekom het. Dit is rustig en ontspannend en ons het dit baie geniet.

Riëtte D - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld