Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Shiduli Private Game Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 50 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: R36, Shiduli Lodge, Karongwe Wildreservaat, 67 km vanaf Tzaneen, 1560, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R9 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Shiduli Private Game Lodge is in die wonderlike Karongwe Wildreservaat in Limpopo geleë. Dié luukse lodge bied 'n rustige oord met gasvryheid en elegansie, en 'n uitstekende geleentheid om die Groot 5 te sien.

Verblyf word in 25 luukse slaapkamers en 'n privaat wittebrood-suite gebied. Party van die luukse kamers het 'n tussendeur wat ideaal is vir gesinne of groepe. Elke kamer het slaapplek vir 2 gaste op 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens, 'n en suite-badkamer, lugversorging en tee- en koffiemaakgeriewe. Die wittebrood-suite het 'n koningingrootte-bed en 'n privaat plonspoel.

Die 3 hoofsitkamers is stylvol versier met leer, sy en steen, en skep die perfekte omgewing waar gaste kan ontspan en die bos-omgewing kan geniet. Die sagte leer-gemakstoele verteenwoordig die warm koloniale styl wat dwarsdeur die gastehuis behou word. Die mannekroeg het 'n TV by die kroeg, kaggel wat na albei kante wys, Persiese matte en sagte leerbanke waar gaste ná 'n opwindende wildrit met 'n drankie kan ontspan.

Die stoep buite het 'n uitsig oor die watergat en het 'n sitarea waar gaste skaak kan speel of met 'n boek uit die biblioteek kan ontspan. Gaste kan die atmosfeer van die lodge geniet in die luukse tuin, by die kroeg, swembad of grasdak-eetareas met oorspronklike Suid-Afrikaanse kunswerk.

Smullekker ontbyte en middagetes met Pan-Afrikaanse geure word in die hoofgebou, of op die dek bedien. Aandetes is 'n weelderige kersliggeleentheid in verskeie pragtige gedeeltes van die lodge.

Boma-aandetes onder die sterrehemel word dikwels met tradisionele danse afgerond. Die personeel van Shiduli sien uit daarna om gaste 'n onvergeetlike ervaring te gee.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte Ingesluit
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniek-middagete
  • Tee
  • Alle Etes Ingesluit

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Witborde
  • Televisie
  • Videospeler
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant

Ligging

  • R36, Shiduli Lodge, Karongwe Wildreservaat, 67 km vanaf Tzaneen, 1560, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kruger tot Canyons Limpopo
Vanaf
Vanaf R9 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R9 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 50 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: R36, Shiduli Lodge, Karongwe Wildreservaat, 67 km vanaf Tzaneen, 1560, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAHlZQgCdGJsDZJYLHEoFUu8qzyKuttjWzJJB8bAHTMS7uF1yS6D?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R9 000 per nag, vir 2 mense R36 Shiduli Lodge, Karongwe Game Reserve 1560 Limpopo 021 201 8901 12:00-22:00 11:00 -24.220637449603 30.558375120163
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem