Cradlestone Camp
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 19 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off the R563 Cradle of Humankind, Portion 39 Farm Danielsrust, number 518, 17 km from Mogale City, 1739, Gauteng
- Vanaf R1 960 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Cradlestone Camp is geleë in 'n privaat reservaat, 21.4 km vanaf Krugersdorp en 8.6 km vanaf Cradle of Humankind. Cradlestone Camp is ideaal vir diegene wat op soek is na 'n gemaklike boswegbreek, met toegang tot verskeie besienswaardighede in die omliggende omgewing.
Verblyf word aangebied in 7 glanskamptente, weg van Sibani Main Lodge geleë. Hierdie gestruktureerde luukse tente is elk toegerus met 'n koninggrootte bed wat met vooraf reëling in 2 enkelbeddens omskep kan word. Elke klamptent het 'n en suite-badkamer met 'n warm stort, 'n wasbak en 'n spoeltoilet.
Elektrisiteit word opgewek deur sonkrag en is beperk tot beligting binne die verblyftente, sowel as laaifasiliteite vir selfone en skootrekenaars. Geen ander elektriese toestelle word ondersteun nie.
Sibani Lodge, wat 3.7 km vanaf die tentkamp geleë is, bied 'n gemeenskaplike vermaaklikheidsarea met 'n buitelug swembad, restaurant en spa. Vir sakereisigers is daar 'n konferensiekamer wat gehuur kan word. Safari-ritte en wynproe kan ook op die perseel gereël word.
Besienswaardighede in die omliggende gebied sluit in Sterkfontein-grotte, Nirox Foundation Sculpture Park, Krugersdorp Wildreservaat, Tarlton Internasionale Renbaan en Krugersdorp Gholfbaan.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Elzaan Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 18
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Off the R563 Cradle of Humankind, Portion 39 Farm Danielsrust, number 518, 17 km from Mogale City, 1739, Gauteng
- Gaste dink Cradlestone Camp het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 19 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off the R563 Cradle of Humankind, Portion 39 Farm Danielsrust, number 518, 17 km from Mogale City, 1739, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang