Sibuya Game Reserve & Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sibuya Game Reserve & Lodge is Suid-Afrika se enigste Groot 5-wildreservaat wat deur 'n boot bereik word en strek al langs die lieflike Kariegariviermond. Die instansie is sowat 8,5 km van Kenton-on-Sea af.

Gaste kan in die Woudkamp, Rivierkamp of Boskamp bly. Die Woudkamp is op die Kariegarivieroewer en het houtpaadjies. Dit is ideaal vir volwassenes en kinders ouer as 12 jaar en verblyf is beskikbaar in 8 tente. Die tente het elk 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Vier van die tente het ook 'n uittrek-divan vir 'n kind. Elke tent het 'n kaggel.

Die Rivierkamp skuil in 'n klein woud en bied tentkamers wat ideaal is vir gesinne en vriende. Die 4 tente het elkeen 'n koninggrootte-bed en 'n slaapbank vir kinders, asook 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Elke tent het 'n kaggel en bied toegang tot 'n dek met 'n oopvou-slaapbank. Die Woudkamp en Rivierkamp word amper totaal deur sonkrag bestuur en het nie geriewe soos WiFi, lugversorging, waaiers en haardroërs nie.

Die luukse Boskamp bied privaat, ruim eenhede wat elk 'n koninggrootte-bed of koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n buitestort het. Divans is beskikbaar vir kinders ouer as 12 jaar wat met hulle ouers deel. Die eenhede het lugversorging, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n kaggel en bied toegang tot 'n dek met 'n uitsig oor die vallei. Die Boskamp het 'n kragnetwerk en uitkykdekke reg rondom die lodge. Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad.

Boslodge en Firest Camp is slegs vir volwassenes en slegs kinders oor 12 jaar kan hier bly. Die Rivierkamp is 'n gesinskamp waar kinders van alle ouderdomme is welkom is.

Sibuya Game Reserve & Lodge bied vars, gesonde buffet-styl maaltye wat al fresco bedien word of op een van die pragtige lapas. Daar is baie wild om te sien insluitend 400 voëlspesies en 45 wildspesies waaronder die Groot 5. Gaste kan swem, hengel of kanovaar en daar is gespesialiseerde gidse wat gaste op staptogte, wildritte en eksklusiewe bootvaarte kan vergesel. Ekstra doendinge soos masserings en perdry op die strand kan gereël word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Drankies ingesluit
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sibuya Game Reserve & Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R7 474 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false