Silvermist Wine Estate
- Kapasiteit: 30 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Houtbaaiweg 0A, Constantia, Kaapstad, 7808, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 450 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Silvermist Wine Estate is 'n 60 akker-perseel in Constantianek, op pad na Houtbaai, en is in privaat besit. Dit is die enigste gesertifiseerde organiese plaas in die Constantia-omgewing en lewer wyn van uitstaande gehalte. Wynproe is ook op die perseel beskikbaar.
Ons pragtige, ruim suites is hoog op die landgoed geleë sodat jy die magiese uitsigte oor die vallei en op die Twaalf Apostels kan gadeslaan. Al die suites en lodges het groot stoepe en houtdekke. Ons Hotel Garden Suites het kaggels, tee- en koffiemaakgeriewe en yskassies met drankies.
Die 2 Ridge-suites is ruim en het 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, ketel broodrooster, 'n klein wasbak en 'n yskas vir drankies wat ideaal is vir 'n eenvoudige middagete. Jou ete kan dan op die lang terras met 'n uitsig oor die vallei geniet word.
Daar is 2 restaurante op die perseel. The Green Vine is elke dag oop vir ontbyt, koffie, tee, koek en middagetes. Dit is ook oop vir Sondagmiddagetes waartydens daar musiek gemaak word vir kliënte se vermaak. Van hierdie restaurant af kan jy uitsigte al die pad tot by die Stellenboschberge geniet.
Die wêreldbekende La Colombe Restaurant wat fynproewersetes bedien is ook op die landgoed geleë. Besprekings is noodsaaklik by hierdie luukse instansie.
Geriewe op die perseel sluit 'n swembad, konferensie- en trouvenue, wasgoeddiens, WiFi, en 24 uur-sekuriteit met elektriese omheining en laserstrale in. Gaste kan staproetes in die berge aanpak, en geniet toegang tot Tafelberg Nasionale Park.
Plaaslike besienswaardighede soos die V&A Waterfront, Constantia se wynroete, gholfbane en strande is net 20 minute se ry van ons af. Kirstenbosch Botaniese Tuin, winkelsentrums en banke is net 10 minute se ry van hier af, en ons is net 20 minute se ry vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Portier
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Maaltye Aangebied
- Aandete
- Middagete
- Tee
Konferensiegeriewe
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Kantoorgeriewe
- Sekretariële Geriewe
- Internet
- Skuifie-projektor
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Houtbaaiweg 0A, Constantia, Kaapstad, 7808, Wes-Kaap
- Gaste dink Silvermist Wine Estate het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Constantia Suidelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 30 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Houtbaaiweg 0A, Constantia, Kaapstad, 7808, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom