Simbavati Camp George
8 gaste
1 slaapkamer
1 bed
1 badkamer
- 8 gaste
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Soos Gesien op Facebook
- Northumberland Farm, Klaserie Nature Reserve, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga Sien kaart
Beskrywing
Simbavati Camp George is 'n eksklusiewe wegbreek in die natuur en spog met 'n natuurlike tuin wat 'n oase tussen die vaal bosse van die Klaserie Privaat Natuurreservaat bied.
Verblyf is beskikbaar in 8 luukse suites met 'n uitsig oor die droë rivier wat elk slaapplek vir 2 gaste het. Daar is 2 suites wat aaneen skakel en dus ideaal is vir gesinne wat saam reis. Elk van die 8 suites het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, 'n spieëlkas, yskassie, lugversorging, dakwaaier en 'n volledige en suite-badkamer met 'n diep bad, binne- en buitestort en luukse toiletgeriewe.
Die hooflodge bied 'n sitarea met 'n kroeg, boeke en bordspeletjies en bied 'n uitsig oor die sanderige rivierbedding. Die leefarea sluit 'n kombuis, verskeie buitedekke, 'n boma en 'n groot swembad met 'n tuinuitsig in. Gaste kan hulself in die natuur verlustig en daar is ook pieknieks in die tuin tussen die koorsbome, besoeke na die watergat of 'n massering in die spa-kamers of buite op die suites se dekke wat bespreek kan word.
Die natuurreservaat is naby die Krugerwildtuin en daar is daagliks 2 wildritte, bosstaptogte en nagritte in die Klaserie Privaat Natuurreservaat wat verskeie diere soos luiperds, renosters, leeus, buffels, seekoeie, wildehonde en die skaars Sharpe's grysbok bied. Let asb. dat die wildritte tans onbeskikbaar is.
Let dat die gekwoteerde tariewe slegs vir Suid-Afrikaanse burgers is en onderhewig is aan beskikbaarheid.
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Christen Geverifieer
Eiendomme 12
Resensies 5
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Northumberland Farm, Klaserie Nature Reserve, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Northumberland Farm, Klaserie Nature Reserve, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
Sien kaart- 8 gaste
- Geen kinders
-
Soos Gesien op Facebook
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang