Drie Susters Akkommodasie by Skietkuil Holiday Farm | LekkeSlaap
+39

Skietkuil Holiday Farm

79 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Skietkuilplaas, Drie Susters, 7070, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Die plaas Skietkuil is langs die N1 geleë, halfpad tussen Johannesburg en Kaapstad. Dis 'n stil, skilderagtige oorslaapplek vir diegene wat op die R63 van Port Elizabeth na die Weskus of Namakwaland reis.

Dié vakansieplaas is in die hartjie van die Karoo en bied 'n unieke geleentheid om wonderlike familie-verblyf, warm gasvryheid, rustigheid en uitstekende Karoo-sonsondergange te geniet.

Skietkuil bied bekostigbare tariewe en 'n stil omgewing waar gaste kan ontspan en afskakel ná 'n lang reis.

Skietkuil Holiday Farm bied 5 ruim, gemaklike en smaakvol ingerigte eenhede. Daar is 2 eenhede met kombuise wat volledig toegerus is. Lugversorging, DStv, elektriese komberse, tuisgemaakte beskuit en ontbytgraan met melk is in elke kamer beskikbaar.

Gaste kan ontspan met verversings uit die eerlikheidsyskaste of by die kroeg in die onthaalarea. In die plaaskombuis word heerlike plattelands kookkuns, Karoo-lam, bees en wildsvleis met vars plaasgroente volgens jou voorkeur voorberei. Aandete word in die restaurant bedien.

'n Tradisionele braai onder die Karoo-sterre is ook 'n gunsteling en braaipakke is beskikbaar. 'n Engelse ontbyt word op versoek bedien.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 79 resensies vir Skietkuil Holiday Farm
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Skietkuilplaas, Drie Susters, 7070, Wes-Kaap
  • Gaste dink Skietkuil Holiday Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Drie Susters Wes-Kaap
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Skietkuilplaas, Drie Susters, 7070, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE3OGJiYTQzLWZjY2UtNDI0MS05YjllLTE5ZWMxZmIxNzQyNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (vir 2 persone) 79 5 1 5 Skietkuil Farm Three Sisters 7070 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -31.720309808889 23.441444635391
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za