Lynnwood Ridge Akkommodasie by Sleep Awhile | LekkeSlaap
+51

Sleep Awhile

70 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bouvardia-straat, Lynnwoodrif, Pretoria, 0040, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R580 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Sleep Awhile is 'n lieflike huis in Pretoria, oorkant die Moreltaspruit in Lynnwoodrif wat selfsorgverblyf bied. Hoewel ons in die hartjie van stad lê, kan gaste hul batterye hiér kom herlaai. Dis 'n stil woongebied waar 'n mens kan hoor hoe die water oor die nabygeleë damwal vloei.

Al 3 suites is volledig toegerus en is apart van die hoofhuis met aparte parkeerareas en ingange. Gaste kan dus kom en gaan net soos wat hulle wil. Daar is 2 suites wat elkeen 'n kombuisie het wat volledig toegerus is vir selfsorg. Elke eenheid het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. 'n TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi en 'n werkstasie is ook beskikbaar.

Ontbyt is nie ingesluit nie e kan die aand voor die tyd bestel word.

Die geriewe, dienste en tariewe is gemik op die behoeftes van die reisiger wat 'n meer persoonlike en huislike ervaring benodig, sonder dat die gehalte en professionaliteit van die diens ingeboet word.

Sleep Awhile se doel is om 'n bekostigbare huis weg van die huis te bied vir alle reisigers, waar daar 'n vriendelike en gemaklike atmosfeer heers.

Glenn en Marion is versot op die gasvryheidsbedryf en passievol daaroor om gaste te ontmoet, te akkommodeer en te vermaak.

Sleep Awhile Pty Ltd is net langs Lynnwood-weg, in die oostelike rigting na Pretoria-sentraal. Dit is gerieflike geleë naby alle hoofpaaie (N1, N4, R21, R28), doendinge en besienswaardighede in en naby Pretoria, soos verskeie ambassades, die Uniegeboue, Kerkplein, die Kruger-huis en Melrose-huis, asook die Voortrekkermonument.

Daar is ook baie winkelsentrums in die omtrek, soos die Lynnwoord Bridge-winkelsentrum, Menlyn-winkelsentrum, Lynnwood Ridge-winkelsentrum, The Grove en die Brooklyn-winkelsentrum. Vir natuurliefhebbers is die stap- en natuurroetes van Moreltaspruit net om die draai. Die Intercare-kliniek en Wilgers-hospitaal is ook naby. Sportliefhebbers kan gaan gholf speel, fietsry, voetslaan, oefen by gimnasiums, sokker en rugby op die TV kyk, of rugby by Loftus-stadion gaan kyk wat net 8 km hiervandaan is.

Die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg en die Lanseria-lughawe is net 40 minute se ry vanaf Sleep Awhile.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 70 resensies vir Sleep Awhile
Netheid
4.7/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Bouvardia-straat, Lynnwoodrif, Pretoria, 0040, Gauteng
  • Gaste dink Sleep Awhile het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R580
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R580
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bouvardia-straat, Lynnwoodrif, Pretoria, 0040, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZmMmU1YzY4LWEzZjAtNDQ4Yy04ZjA5LTNiYzI3NDQ0YTViNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R580  per nag (vir 2 persone) 70 5 1 5 65 Bouvardia Street Lynnwood Ridge 0040 Gauteng 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -25.761294 28.290955
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za