Snyderskloof Karoo Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Snyderskloof Karoo Cottage is 'n bekoorlike kothuis sowat 25 km van Matjiesfontein af en is gebou van klip wat in die veld opgetel is. Hier kan gaste 'n ontspannende wegbreek, 'n helder sterrehemel, asemrowende uitsigte en prentjiemooi sonsopkomste en sonsondergange te wagte wees.

Die selfsorgkothuis beskik oor 2 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 2 enkelbeddens in die leefarea. Die badkamer het 'n stort en warm water word deur 'n gasgeiser voorsien. Linne, handdoeke en warmwatersakke word ook voorsien.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n tweeplaat-gasstoof, 'n gasyskas met 'n vrieshokkie, kookgeriewe, 'n piekniekmandjie en 'n fles. Die sitarea het 'n kaggel wat ook as braai-area dien en op 'n houtdek oopmaak. Daar is 'n lapa met 'n swembad en 'n asemrowende uitsig oor die Karoo net buite die kothuis.

Daar is nie elektrisiteit nie. Toebehore werk met gas en olielampe en kerse voorsien lig.

Slaapplek

'n Bespreking by Snyderskloof Karoo Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Snyderskloof Karoo Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 650 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false