Sonnestrale House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sonnestrale House is in Margate aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë. Dié dorp is sowat 20 km suidwes van Port Shepstone en is bekend vir sy strand, snorkel en branderplankry. Dit is die ideale wegbreekplek vir gaste wat vakansie wil hou of net ontspan.

Die verblyf bestaan uit 4 slaapkamers en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed, die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n stapelbed en die vierde slaapkamer op die onderste verdieping het 4 enkelbeddens.

Die eerste en tweede badkamer het elk 'n bad met stortkop en ’n toilet. Die derde en vierde badkamer het elk ’n stort en toilet. Daar is 'n sitkamer met 'n TV en 'n DStv-koppelpunt, so bring jou eie dekodeerder en slimkaart saam.

Verdere geriewe op die perseel sluit 'n patio met 'n ingeboude braai, (bring asb. jou eie rooster), 2 motorhuise wat kan sluit en ekstra parkeerplek aan die agterkant van die huis deur 'n klein hekkie aan die kant van die huis.

Slaapplek

'n Bespreking by Sonnestrale House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 4 persone
4 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sonnestrale House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 12)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za