Soosa Lagoon Views Luxury

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Soosa Lagoon Views Luxury is 'n ruim selfsorghuis op die Pezula Gholflandgoed in Knysna. Die eiendom bied slaapplek aan 8 gaste en spog met prentjiemooi uitsigte oor die Knysna-strandmeer en op die Outenikwaberge in die verte.

Die dubbelverdieping-vakansiehuis het 4 slaapkamers en 4 badkamers. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite- of privaat badkamer met 'n stort of bad of albei. Die oopplan-kombuis is ten volle toegerus met die nodige toebehore om maaltye voor te berei. Daar is ook 'n aparte opwaskamer.

Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste en die sitkamer langsaan lei na 'n onthaalarea met stoepmeubels en gasbraaigeriewe. Dié area lei na die agtertuin met 'n plonspoel wat oor Knysna kyk. Daar is 'n dubbelmotorhuis met parkeerplek vir 3 voertuie.

Gaste het toegang tot die bekroonde 18 putjie-gholfbaan, 'n swembad buite, klubhuis en 'n tennisbaan op die landgoed. Daar is ook 'n 5-ster-hotel met 'n spa, gimnasium, binnehuise swembad wat verhit is en 'n ouderdomsbeperking het, 2 restaurante en 'n speelarea vir kinders.

Slaapplek

'n Bespreking by Soosa Lagoon Views Luxury sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Soosa Lagoon Views Luxury gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 350 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za