Soutkloof Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Soutkloof Guesthouse is op die Soutkloof-plaas in die hartjie van die Swartland, net 120 km vanaf Kaapstad, geleë. Dit is net 20 km vanaf Moorreesburg en Piketberg.

Frikkie se Huisie is 'n gerestoureerde huis uit die 18de eeu en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Dit bied slaapplek vir 6 gaste. Daar is 'n slaapbank in die leefarea wat ekstra slaapplek vir 2 klein kinders bied. 'n Hout bababedjie kan op versoek voorsien word.

Die huis bied aan gaste 'n plaas-ervaring en 'n geleentheid om die pragtige naghemel te aanskou. Die beeldskone omgewing kan verken word met 'n vinnige stappie, of gaste kan die talle wynplase in die omgewing besoek.

Kanola en koring word op die plaas verbou en daar is ook vee soos beeste, skape en hoenders. Daar is ook wilde diere en gaste sal bosvarke, ystervarke, jakkalse, wilde hase en talle voëlspesies gewaar. Die handjie vol bokke op die plaas wei ook soms daar rond.

Jou gashere, Andries en Karin, is gasvry en vriendelik en altyd lus vir 'n geselsie. Karin se tuisgemaakte beskuit is daar om gaste te verwelkom en hout word voorsien. Daar is ook 'n sandput en speelgoed vir die kinders om te geniet. Andries en Frikkie is mal daaroor om hulle boerstories met gaste te deel en gaste is welkom om saam te gaan wanneer hulle na die diere omsien.

Neem asseblief kennis dat daar 'n 5,2 km grondpad na die plaashuis is.

Slaapplek

'n Bespreking by Soutkloof Guesthouse sluit in:

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Soutkloof Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 550 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za