Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Splashy Fen Mtingu Camp

Kampeer/karavaan
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Splashy Fen Plaas, Bushman's Nek-weg, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 130 per nag, vir 12 mense

Beskrywing

Splashy Fen Mtingu Camp is 'n rustieke kampeerterrein met 'n houthut in 'n afgesonderde area bo die Splashy Fen-plaas se feesterrein. Gaste wat op soek is na rus en vrede 'n entjie vanaf die duisende feesgangers, sal hierdie kampeerterrein waardeer. Gaste het die eksklusiewe gebruik van die kamp. Die area word met wattelboompies omhein en bied 'n panoramiese uitsig op die omliggende plase met die Bamboo-berg in die agtergrond.

Die kampeerterrein het 'n houthut wat aan die een kant oop is en 4 enkelbeddens in 2 slaapareas bevat. Lakens en kussings word voorsien en daar is rolblindings wat gaste kan afrol om privaatheid in elke area te verkry. Daar is ook plek vir verskeie tente wat die totale slaapplek by Splashy Fen op 12 te staan bring.

Warm water word deur 'n donkie-geiser vir die buitelugstort voorsien en daar is 'n aparte puttoilet en 'n wasbak met koue water.

Daar is ook rustieke werksoppervlaktes, bankies, 'n wasbak, rakke en koue, lopende water in die hut. Warm water kan van die stort af gedra word waar daar 'n kraan is om die emmer vol te maak.

Voor die hut is 'n uitbreiding met 'n dak, bankies, 'n kaal vloer en 'n klein vuurmaakplek. Daar is 'n groot vuurput voor die hut met houtstompe wat as sitplek dien.

Die kamp is so eko-vriendelik as moontlik. Die meeste van die hout kom van volhoubare bronne of is hergebruik en die water kom van die kristalhelder stroom tussen die heuwels. Daar is nie elektrisiteit nie, maar wel 4 herlaaibare gloeilampe in die hut.

Kenmerke

Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Forelhengel
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 1 resensie vir Splashy Fen Mtingu Camp
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
3.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Robyn Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Jaar gelys 4

Ligging

  • Splashy Fen Plaas, Bushman's Nek-weg, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Splashy Fen Mtingu Camp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 130
per nag, vir 12 mense
Vanaf
Vanaf R1 130
per nag, vir 12 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Splashy Fen Plaas, Bushman's Nek-weg, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4f0a4ddaa157b76ef5a7b7714892c3f18d961cbb8a3b168a6c754563369023a10f13c2239aedf26df0e951f8106398e7b558?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 130 per nag, vir 12 mense 1 5 1 5 Splashy Fen Farm Bushman’s Nek Raod 3257 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-18:00 11:00 -29.794416666667 29.342555555556
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem