St Francis Golf Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

St Francis Golf Lodge (vierster) kyk uit oor die eerste buf van die bekroonde Links-gholfbaan, ontwerp deur Jack Nicklaus. Dis 'n plek waar gholf-entoesiaste hulle gunsteling-aktiwiteit kan geniet in die pragtige omgewing van St Francisbaai in Suid-Afrika.

'n Besonderse kombinasie van elegante Afrika-styl en gemak wag op die gas. Die lodge het 2 vyfslaapkamerhuise langs mekaar en is stapafstand vanaf The Links Clubhouse. Gaste het toegang tot albei huise en die geriewe word deur almal gedeel. Elke huis het 'n ruim oopplan-sitkamer en -eetkamer met 'n eerlikheidskroegie en onderdak-stoep met stoepmeubels.

Die klubhuis is daagliks oop van 06:30 vir ontbyt en middagete. Op sekere aande is dit ook vir aandete oop. The Links Clubhouse het uitstekende geriewe én 'n spa. Daar is ook 'n afgesonderde swembad met sitplek (swemhanddoeke beskikbaar), gratis WiFi in die gemeenskaplike areas, 'n TV-kamer met groot platskerm-TV en volledige DStv, 'n DVD-speler en 'n biblioteek

Die sorgsame diens, luilekker gemak, en die geleentheid om jou vernuf op 'n Links-baan, ontwerp deur Jack Nicklaus, ten toon te stel, is alles deel van die St Francis Golf Lodge-ervaring. Gaste kan verwag om vol energie en met 'n liefde vir die spel terug te keer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na St Francis Golf Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 490 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za