Stanford Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Stanford Hotel is 'n historiese hotel wat in die hartjie van Stanford geleë is. Daar is slaapplek vir 18 gaste wat deel en dan is daar ook 2 selfsorgkothuise. Die dekor dateer uit die 1920's. Die hotel het antieke meubels, topgehalte-linne, donsduvets, kussings en goeie matrasse.

Daar is 6 dubbelkamers wat elkeen individueel versier is. Die kamers het 24 uur-toegang tot die TV-sitkamer met volledige DStv en 'n eerlikheidskroeg. Die hotel bied gratis WiFi vir e-pos en sosiale media, maar nie vir Skype , films of reekse nie. Die WiFi-sein strek ongelukkig nie tot by Bambi en Sixpence Kothuise nie, so gaste sal die WiFi in die gastesitkamer en binnehof moet gebruik.

Bambi Cottage is 'n losstaande kothuis met 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Al die beddens het donsduvets, kussings en 100% katoenlinne. Daar is 'n badkamer met 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Daar is 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitkamer. Die sitkamer beskik oor 2 groot rusbanke en 'n TV met 'n satellietskottel en plaaslike kanale. Gaste kan hul eie dekodeerders saambring vir satellietkanale of jy kan voordat jy arriveer die volledige DStv-pakket aanvra teen 'n ekstra koste van R50 per dag. Buite is 'n groot veranda met braaigeriewe. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek en 'n privaat tuin. Die kothuis is volledig toegerus.

Sixpence is 'n losstaande kothuis met 1 slaapkamer. Die kamer beskik oor 'n dubbelbed. Die bed het 'n goeie matras, 'n donsduvet en kussings. Die linne is 100% katoen. Daar is geen TV in die kothuis nie. Hierdie eenheid het 'n klein sitkamer, oopplan-kombuis en -eetarea. Daar is 'n mooi badkamer met 'n ekstra groot stort. Die buite-area is ten volle omhein en troeteldiervriendelik. Daar is 'n groot melkhoutboom in die tuin.

Luca's Lodge is 'n gesinsuite in die hotel met slaapplek vir 4. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en 'n babakot. Albei slaapkamers het 'n badkamer en lei na 'n klein portaal. Elke kamer het Franse deure wat lei na die privaat veranda en tuin. Gaste het 24 uur-toegang tot die TV-sitkamer met volledige DStv en 'n eerlikheidskroeg. Daar is gratis WiFi in die kamers wat vir e-pos of sosiale media gebruik kan word, maar nie vir Skype of flieks en reekse kyk nie. Let asb. op dat WiFi in die dorpie baie stadig is.

Die klassieke eetkamer het sitplek vir 40 en beskik oor oorgenoeg tafels en stoele. Gaste het eksklusiewe gebruik van die binnehof met wilgers en veilige parkeerplek. Daar is 'n antiekwinkel-museum en 'n geskenkwinkeltjies op die perseel. 'n Markie vind elke Saterdagoggend tussen 9:00 en 12:00 op die hotel se voorstoep plaas.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stanford Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za