4 gaste
2 slaapkamers
3 beddens
2 badkamers
- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - 156 Main Road, 602 La Roche, Paarl, 7646, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Stay on Main is 'n selfsorgwoonstel in die hartjie van die Paarl. Dit spog met 'n onbelemmerde berguitsig en is naby restaurante, kafeesm winkels en museums.
Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer, 'n gastetoilet en 'n oopplan-leefarea en -kombuisarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n enkelbed en 'n driekwartbed. Gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuisarea is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, sowel as tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n sentrale toonbank met stoele waar gaste kan eet. Die kombuis lei na die leefarea met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met stroomdienste. Gratis WiFi is beskikbaar.
Veilige parkeerplek vir 1 voertuig is beskikbaar. Die woonstel het 'n omsetter wat die TV en WiFi aandryf. Die woonstel het ook 'n gastebadkamer en draagbare lugversorging asook 'n gasverwarmer.
Die woonstel is aan die stil kant van die gebou, maar gaste mag dalk nog naburige geluide van tyd tot tyd hoor.
Dít is wat jy hier sal kry
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
Ligging
© LocationIQ Maps, OpenStreetMap Contributors
Tariewe en beskikbaarheid
Wat jy moet weet
- Selfsorg
Troeteldiere word nie toegelaat nie.
Rook en vape in die woonstel word nie toegelaat nie.
Geen geraas tussen 21:00 en 07:00 nie. Respekteer asb. die bure en hou geraas tot 'n minimum gedurende hierdie tye.
Funksies, partytjies en harde musiek word nie toegelaat nie.
| Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
| Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 25%van die deposito word terugbetaal |
| Minder as 2 weke voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |