Steenbras 13
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 13 Steenbras Avenue, Strandfontein, 8151, Wes-Kaap
- Vanaf R2 350 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Steenbras 13 is 'n selfsorgvakansiehuis in Strandfontein aan die lieflike Weskus, sowat 354 km noordwes van Kaapstad. Dié vakansiehuis bied 'n lieflike see-uitsig en is ideaal vir 'n gesin en 'n groep vriende.
Die vakansiehuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 1 stapelbed. Die gaste in die tweede en derde slaapkamer deel die tweede badkamer wat 'n stort het. Daar is ook 'n aparte gastetoilet.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die toonbank dien ook as 'n etenstafel met stoele. Die sitarea het 'n sitkamerstel en 'n enkelslaapbank. Daar is ook 'n binnebraai-area. Die skuifdeur lei na die balkon waar daar buitemeubels en 'n see-uitsig is.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort
Badkamer
Toilet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Alan Geverifieer
Eiendomme 11
Resensies 145
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- 13 Steenbras Avenue, Strandfontein, 8151, Wes-Kaap
- Gaste dink Steenbras 13 het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 13 Steenbras Avenue, Strandfontein, 8151, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang