Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Steepside Guest Farm

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Petri Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 37

Jaar gelys 7

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 37 resensies vir Steepside Guest Farm
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5
Louis R - Apr 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Louis R
Saam met vriende

Dit was inderdaad net 'n plesier gewees om by Steepside gastehuis te bly.

Ons as 'n groep, twee paartjies, het ons 3 dae verblyf by Steepside terdee geniet. Baie vriendelike eienaars en hulle kon nie genoeg sê dat hulle onmiddelik beskikbaar indien ons hulle sou nodig kry nie. Die plekkie het basies alles wat gaste benodig vir 'n heerlike kuier. Die plekkie is baie sentraal geleë met vele besienswaardighede in die naby omgewing. Veiligheid is ook nie 'n probleem nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Ria N - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ria N

Rustige, netjiese, waarde-vir-geld verblyf.

Oude Stal is 'n knus, skoon huis met 'n goed toegeruste kombuis. Die gasstoof werk goed, veral tydens beurtkrag. Ons is vriendelik ontvang en het baie welkom gevoel. Daar is lekker stap-geleentheid en die rotskuns is besonders. Ons kan hierdie verblyf regtig aanbeveel!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Andries L - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Andries L
Gesin met tieners

2 nagte oorslaap oppad terug van die Oos Kaap.

Pragtige plek met fantastiese mense! Wees gereed met alles wat jy nodig het, want jy is ver van beskawing af. Geen selfoonopvangs - perfek vir ons! Die grondpad in is mooi maar gevaarlik in die reën - wees versigtig!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Willem M - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Willem M
Gesin met klein kinders

Dit was asemrowend.

Baie mooi wêreld om jouself en gesin weer te vind.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Annie N - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annie N
Gesin met tieners

Familie vakansie.

Wat 'n ongelooflike ondervinding! Ons het dit baie geniet! Die plaas is pragtig! Oude Stal is 'n mooi versorgde huis, met alles wat jy nodig het. Die kaggel het ons lekker warm gehou. Beddens was tops en ons het lekker geslaap. Die pad moet met 'n groot voertuig aangedurf word. Die sneeu het die wêreld in 'n sprokie verander!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Deon S - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Deon S
Saam met vriende

Relaxing stay.

Quiet and beautiful area.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Jaco G - Jan 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jaco G
Gesin met tieners

Amazing, breathtaking.

The silence, the clean air, the stunning scenery made this a fantastic stay. The rock art is a must see. We were all sad to go.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Carl F - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carl F
Gesin met tieners

Dit was seker een van die mooiste plekke waar ons al gebly het.

Ons het wel net een aand daar gebly, maar almal wou langer bly, dit was regtig verby wow gewees. Sal dit enige tyd aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Hannes D - Nov 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Hannes D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Pragtige natuurskoon en netjiese verblyf.

Ons het die omgewing en akkommodasie geniet. Geen selfoonontvangs in huis was vir ons 'n veiligheidsrisiko.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Scott B - Jul 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Scott B
Gesin met tieners

Baie lekker.

Lekker gekuier op Steepside Guest Farm.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Flip V - Nov 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Flip V
Saam met vriende

Steepside Guest Farm het ons alles gebied wat ons verwag het.

As 'n mens in Rhodes-omgewing wil kuier, dan wil jy daarheen gaan. Die pad daarheen kan soms 'n uitdaging wees, maar dit bly die moeite werd. Die akkommodasie was gerieflik, skoon en het alles gebied wat ons nodig gehad het. Die natuur is beeldskoon.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Marius S - Okt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marius S
Saam met vriende

Fantasties!

Petri en Johann se uitstekende diens en vriendelikheid word baie hoog op prys gestel en, mense, julle kan nie lekkerder tuisgaan as by die stukkie hemel op aarde nie. Welgedaan Petri en Johann, en ons sien julle so gou as moontlik weer!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Mandi V - Jul 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mandi V
Saam met vriende

Fantastiese plek, ons het dit baie geniet!

Mooiste huisie! Skoon en netjies. Sal dit vir seker aanbeveel. Ons sal vir seker weer soontoe gaan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Santie S - Jul 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Santie S
Gesin met klein kinders

Heerlike wegbreek en rus.

Ons het baie lekker gebly. Kinders het die vryheid vreeslik geniet en kon lekker rondloop en speel naby ons huisie op hul eie. Ons kon lekker afskakel en familietyd hê voor die snoesige kaggel. Sal beslis weer wil gaan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Christine B - Jul 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Christine B
Saam met vriende

Wonderful

Wow! We loved every minute. Petri and Johan, what a blessing, will be going back in summer.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Gustave B - Apr 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gustave B

Baie mooi, privaat en net 'n ongelooflike plek om te rus.

Die mense is vriendelik en baie behulpsaam, daar is lekker staproetes op die plaas en die huisie was baie netjies met goeie kwaliteit beddegoed en 'n lekker goed toegeruste kombuis, in elke rigting wat jy kyk is dit prentjiemooi, en die stilte is bekoorlik. Sal dit definitief aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Dj Louw L - Feb 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dj Louw L
Saam met vriende

Uitstekend. As ek 7 sterre kon gee het ek!

Die Buitendags is ongelooflik gasvry en hulle plaas is baie spesiaal. Ons voel bevoorreg om dit te kon beleef! Vlieghengel in helder strome, natuurlik, stap, kaggels - alles waarvoor jy kon hoop. Dankie!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Morne S - Des 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Morne S
Gesin met klein kinders

Netjies, skoon, goed toegerus, gerieflik en met ’n pragtige uitsig.

Ons het heerlik gebly in Rock Retreat by Steepside. Die huisie is pragtig gerestoureer. Dis netjies, skoon en goed toegerus. Rustigheid in oorvloed en pragtige uitsig vanaf die stoep. Ons kom graag weer.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
George V - Sep 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
George V
Saam met vriende

Ongelooflik mooi omgewing.

Die uitsig in die dag en die sterre in die nag!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Fabian V - Sep 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Fabian V
Gesin met tieners

Baie lekker gebly

Baie lekker by die Rock Retreat gebly. Karin en familie het ons vriendelik en persoonlik ontvang, en laat tuis voel. Plaas huisie was gerieflik en goed ingerig. Hout vir die kagel het snoesige aande verseker. Baie om te sien en doen op die plaas. Die omgewing is baie mooi en rustig, en net wat ons nodig gehad het om weer te herlaai. Sal beslis aanbeveel Groete en dankie van uit Bloem

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Michelle K - Jan 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Michelle K
Saam met vriende

Lieflike plaas, lekker leefhuis, pragtige omgewing.

Gawe eienaars, rustige omgewing, goed vir stap en bergfietsry, sentraal om omgewing te verken.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
August W - Des 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
August W
Gesin met klein kinders

Fantastiese verblyf, onverbeterlike uitsigte en 5-sterdiens.

Ons het ons verblyf ongelooflik baie geniet. Karin se gasvryheid is iets wat ongelukkig nie meer alledaags is nie. Die huis is uitstekend toegerus en daar is oorgenoeg om te doen en ook te sien. Die grondpad is nie die beste nie, maar dis deel van die ervaring. Ons sal vir seker weer daar aandoen.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Boshoff S - Des 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Boshoff S
Gesin met tieners

Dit was 'n besonderse lekker paar dae wat ons hier spandeer het. Die koppie is moeilik, maar lekker om uit te klim met tieners. Omgewing is baie mooi!

Die ROCK huisie is die oorspronklike plaashuis wat restoureer is. Dis pragtig en mooi in stand gehou. Die kombuis het alle basiese toerusting en alles is in 'n goeie toestand. Die uitstappie na die Khoisan-rotskuns is die moeite werd! Vuurmaakhout is verskaf en die boervrou het vir ons vars melk gegee.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Letitia S - Jun 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Letitia S
Gesin met klein kinders

Pragtige huis, uitstekend toegerus, beeldskone ligging.

Perfekte plek vir 'n gesinsnaweek/-vakansie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Lorna B - Jun 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lorna B
Gesin met tieners

Die verblyf en omgewing was bo-verwagting uitstekend. Ons sal definitief teruggaan na Steepside Guest Farm.

De Oudestal waar ons gebly het, was ongelooflik gerieflik. Met 'n pragtige uitsig oor die plaas. Die huisie is gerieflik ingerig met alles en nog meer wat mens benodig. Elke kamer het sy eie badkamer. Elke kamer het verhitting en elektriese komberse. Alles is baie skoon en netjies. Die mak diere het kom kuier vir ons by die huisie. Dit was kosbaar. Ons sal teruggaan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Hoogveld Boerdery Beleggings H - Mrt 2019
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
1/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Hoogveld Boerdery Beleggings H
Gesin met klein kinders

Ou huisie met 'n slegte pad.

Die pad na die gastehuis was baie sleg. Die oudehuis is skoon, maar die tuin en gras is nie versorg nie. Beddens is egter van topkwaliteit. Die huis ruik na katpiepie. Die braai-area is baie mooi en gemaklik. Daar is baie min ligte en sommiges werk ook nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Steepside Guest Farm se terugvoer

Baie dankie vir die terugvoering, ons het reeds aandag geskenk aan die saak.

Vriendelike groete,
Karin

Steepside Guest Farm
Allen W - Des 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Allen W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Peace and serenity off the beaten track.

Our little old three bedroom unit was situated in the most beautiful country side, with mountains, valleys and streams to enjoy. The unit is very tastefully decorated and has all of the amenities one would need. It was very clean and the bedding was fresh. Steepside offers the weary traveller peace and quiet, you are left to enjoy the magnificent surroundings without disturbance, it's a lovely retreat from the city and the owners are very attentive.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Gustav E - Des 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gustav E
Gesin met tieners

Beslis aan te beveel!

Rock Retreat Cottage was silwerskoon en het alles wat jy nodig het vir een aand of vir 'n maand se verblyf - die binne-braai sal veral goed werk in die winters!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Germaine K - Nov 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Germaine K
Gesin met klein kinders

Lovely place.

Thank you for an unforgettable stay! Everything was perfect! We will be back.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Dalene S - Aug 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dalene S
Saam met vriende

Heerlike wegbreek in 'n beeldskone omgewing.

Ons was absoluut betower deur die pragtige omgewing, die vriendelikheid van ons gashere en die heerlike atmosfeer van die Oudestal Kothuis by Steepside. Karin-hulle het aan absoluut alles gedink en het geen moeite ontsien om die huisie so gerieflik en pragtig as moontlik te maak nie. Die akkommodasie is baie goed toegerus en is gesellig met 'n lieflike vuurherd en braaigeriewe op die onderdakstoep. Die omgewing is asemrowend mooi en daar is so baie dinge om te doen dat 'n mens nie eers die TV mis nie. Ons het heerlik gerus en sal baie beslis weer terugkeer. Mense moet net daarop let dat dit grondpaaie is wat nie regtig vir motorvoertuie geskik is nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Hennie B - Jul 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hennie B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Asemrowende natuur.

Pragtig geleë woning met asemrowende natuurskoon met baie veilige stapplek. Woning smaakvol gemeubileer en volledig toegerus. Met alles wat nodig is, selfs gedurende koue winters om gaste te laat tuis voel. Karin en haar familie se gasvryheid is warm en spesiaal. Ek sal graag wil terugkeer en beveel die tuiste met vrymoedigheid aan. Awesome cottage and environment.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Lorenne O - Jun 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lorenne O
Gesin met tieners

Ongelooflike ligging in 'n pragtige, knus, volledig toegeruste huisie.

Dis beslis nie vir sommer net vinnig soontoe ry nie, maar die pad was vir ons deel van die opwinding! Dis rerig pragtig. Karen het die huisie pragtig ingerig. Lekker elektriese lakens, kaggel en volledige kombuis. Rondstap is 'n moet! As besoekers kan hout saamneem, sal dit help, want dis duidelik 'n skaars kommoditeit! Ons het heerlik gebly en sal Steepside beslis aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Sharon D - Mei 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sharon D
Saam met vriende

Snoesig met 'n beeldskone uitsig.

Met aankoms by ons huisie is ons gegroet met die reuk van die warm kos wat ons voraf bespreek het. Heerlik gekuier om 'n kaggel. Snoesig en warm geslaap en wakker geword in 'n wêreld bedek met 'n yskombers. Prentjie-mooi uitsig.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Jaco O - Apr 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jaco O
Saam met vriende

Breathtaking cottage situated on the serene Bell River near Rhodes.

Awesome little cottage, kitted with everything that you may need during your stay, not to mention a great fire place.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Joubert S - Apr 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Joubert S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Wonderlike ervaring, baie spesiale mense en plek.

Steepside Guest Farm is pragtig geleë en ons het dadelik tuisgevoel. Alles is netjies en die kos was heerlik. Gasvryheid uit die boonste rakke.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Werner J - Jul 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Werner J
Gesin met tieners

Fantastiese verblyf, gasvryheid en omgewing om te kom rus.

Met ons aankoms is ons opgegradeer na Oude Huis toe angesien ons huis nog nie reg was nie. Wat 'n mooi en oulike plek met karakter en smaak. Ons het regtig lekker gebly en die gasvryheid van Carin en Kobus baie geniet. Wonderlike plaas om bietjie te stap, berg te klim en voor die kaggel te sit en van die stad te vergeet. Dis so uur en 20 minute se ry na Tiffendell toe en die moeite werd om te ervaar. Ons sal beslis weer in die toekoms 'n draai kom maak.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Minette J - Jul 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Minette J
Gesin met tieners

Gerieflik en cosy.

Ons het baie lekker gerieflik gebly. Eienaars behulpsaam en vriendelik. Kan dit aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vanaf
R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steepside Plaas, Rhodes, Barkly Oos, 9786, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI1NDIyOTk0LWJhNDAtNDAzZC1iNzE5LWUwOGIzNWNhODgzYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 37 5 1 5 Steepside Farm Rhodes 9786 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.84159 27.81449
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem