Stellenbosch Self-catering Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Stellenbosch Self-catering Cottage is 'n tweeslaapkamerkothuis in een van Stellenbosch se woonbuurte, en is net 1,6 km van Dorpstraat af geleë. Dit is volledig toegerus en 'n losstaande kothuis op 'n privaat erf. Daar is lugversorging, 'n volledige DStv-pakket, 'n DVD-speler en gratis, onbeperkte WiFi is beskikbaar.

Die hoofslaapkamer het 'n ekstra lang koningingrootte-bed, TV en 'n klein en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die gesinsbadkamer het 'n bad. Daar is 'n rekenaarhoekie en 'n drukker in die oopplan-eetarea en -sitarea indien gaste skootrekenaars wil saambring. Die kombuis is toegerus met 'n outomatiese wasmasjien en tuimeldroër, asook 'n oond, stoof, yskas, skottelgoedwasser, kombuistoebehore, breekware en eetgerei. Die kothuis het 'n privaat agtertuin met 'n buitebraai en 'n eetarea. Daar is 'n enkelmotorhuis en veilige parkeerplek vir een bykomende voertuig of sleepwa.

Linne, handdoeke, hangers, strykgeriewe, braaihout en gaste-benodigdhede word voorsien.

Aangesien die eenheid volledig toegerus is, is dit ideaal vir toeriste en gesinne wat in die proses is om te trek of die omgewing vir 'n lang periode besoek. Dit is in die rustige woonbuurt Onder-Papegaaiberg op pad na Devon Valley geleë.

Die minimimverblyftydperk is 10 nagte of langer of 'n minimumtarief gelykstaande aan 10 nagte se verblyf word gehef. Ons kan korttermyn-besprekings tussen die langer periodes inpas. Doen asseblief navraag.

Die kothuis en tuin word deeglik skoongemaak tussen verblyftydperke. Indien jy 'n weeklikse skoonmaak- en strykdiens benodig, doen asseblief navraag.
Rook word in die tuin en braai-areas toegelaat, maar nie binnenshuis nie. Debiet- en kredietkaarte word aanvaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Stellenbosch Self-catering Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stellenbosch Self-catering Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 450 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za