Stok & Hoed

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Stok & Hoed is 'n tradisionele familievakansiehuis in die ongerepte Nature’s Valley.

Hierdie dubbelverdiepinghouthuis het 3 slaapkamers met dubbelbeddens (1 met 2 addisionele enkelstapelbeddens) en ‘n vierde slaapkamer met 2 enkelbeddens. Die huis bied slaapplek vir ‘n maksimum hoeveelheid van 10 mense.

Daar is 2 volledige badkamers (1 met bad, 1 met stort) en ‘n addisionele toilet. Die kombuis is toegerus met ‘n yskas, stoof/oond, mikrogolfoond, opwasbak, en die nodige breekware en messegoed.

Daar is ‘n lang familietafel in die aangrensende eetkamer en die woonkamer met sy sateliet-TV (bring jou eie dekodeerder) is ingerig met die oog op gemak en luilekker ontspanning. ‘n Skuifdeur lei na ‘n balkon op die eerste vloer met ‘n dagbed en gemakstoele. Voëls kwetter in die takke net 'n paar meter van die balkon af.

Beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Buite, onder die koeltebome, wag ‘n klein boma en sit-area op jou vir smiddae en saans se kuier-om-die-vuur. Onderdakparkeerplek is beskikbaar.

Die atmosfeer is ontspanne en kaalvoet, ver van jou daaglikse sorge af. Die lang, prentjiemooi Blouvlagstrand is ook net drie minute te voet van Hoor'ie C af. Die loom strandmeer aan die anderkant van die dorpie en die inheemse woude wat Nature’s Valley omring, is salf vir die siel.

Kom beleef ons stukkie van die paradys!

Slaapplek

'n Bespreking by Stok & Hoed sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stok & Hoed gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 450 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za