Stone Ridge Luxury Self-Catering Units

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Stone Ridge Luxury Self-Catering Units is aan die Noordkus van KwaZulu-Natal in die dorpie St. Lucia geleë. Ons bied gehalte-selfsorgverblyf en die eenhede is gerieflik naby verskeie winkels, restaurante en ander geriewe.

Die verblyf is beskikbaar in 2 eenhede, die een het 2 slaapkamers en ander het net 1 slaapkamer. Die tweeslaapkamereenheid bied 'n hoofslaapkamer met 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. In die tweede slaapkamer is daar 2 enkelbeddens en 'n aparte badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die eenslaapkamereenheid het 'n kamer met 'n koninggrootte-bed en 'n aparte badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak. Daar is ingeboude kaste en lugversorging in al die slaapkamers.

Elke eenheid het 'n kombuis wat ten volle toegerus is met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n sitkamer met gemaklike sitplek in elke eenheid.

Verder is daar 'n ruim, privaat braaiplek met buitemeubels by sekere eenhede.

Stone Ridge het ook 'n kragopwekker en boorgatwater.

St. Lucia is ongeveer 2½ uur se ry noord van Durban en dis die ideale wegbreekbestemming vir gaste wat wil wegbreek uit die stad.

Stone Ridge is nie troeteldiervriendelik nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stone Ridge Luxury Self-Catering Units gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R830 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za