6 gaste
2 slaapkamers
4 beds
2 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Soos Gesien op Instagram
- Portion 12 of Korteilands Farm, Mount Bain Private Nature Reserve, Breede River Valley, Bainskloof, 6858, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Stonewood Mountain Cabin bied 'n rustige selfsorgwegbreek in 'n natuurreservaat met 'n uitsig oor die plaas, fynbos en op die pragtige berge in die Breederiviervallei. Die Mount Bain Privaat Natuurreservaat van 660 ha is net 'n uur en 'n half se ry vanaf Kaapstad.
Die dubbelverdiepinghuis spog met 'n indrukwekkende hout-interieur en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n ruim oopplan-sitarea met 'n hoë plafon, 'n groot klipkaggel, 'n eetarea en 'n selfsorgkombuis.
Die hoof- en tweede slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die leefarea. Daar is 2 ruim badkamers, een op die boonste verdieping en een op die onderste verdieping. Elke badkamer het 'n pootjiesbad of 'n groot instapnatuurstort met 'n uitsig deur 'n glasmuur oor die lowerryke omgewing.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, tweeplaatgasstoof, fluitketel, breekware, eetgerei, potte en panne toegerus. Die sitarea langsaan spog ook met 'n bekoorlike solderleeshoekie wat 'n eerlikheidsbiblioteek en bordspeletjies bied. Die leefarea het enorme glasvensters en lei na die groot dek wat reg rondom strek en met 'n gasbraai, hangmatte en 'n ongeëwenaarde uitsig spog. Die pers berge is iets om in die somer te bewonder en word dikwels met sneeu in die winter bedek.
Stonewood Mountain Cabin is reg deur die jaar die perfekte wegbreekplek, met rustieke, dog gerieflike verblyf ver vanaf die besige stadsgedruis.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Nick Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Portion 12 of Korteilands Farm, Mount Bain Private Nature Reserve, Breede River Valley, Bainskloof, 6858, Wes-Kaap
- Gaste dink Stonewood Mountain Cabin het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Portion 12 of Korteilands Farm, Mount Bain Private Nature Reserve, Breede River Valley, Bainskloof, 6858, Wes-Kaap
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Soos Gesien op Instagram
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang