Stoneyhall Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Stoneyhall Farm bied selfsorgverblyf in die Underberg in die Suidelike Drakensberg. Hierdie selfsorgkothuise is geleë in 'n rustige omgewing met asemrowende uitsigte oor die vallei en die berge.

Castle en Bamboo het elkeen 2 gerieflike dubbelslaapkamers en 'n ruim solderkamer met nog 4 beddens. Dit is ideaal vir 4 volwassenes en 4 kinders. Elke kothuis het plek vir 8 persone op die meeste. Die dubbelverdiepingkothuise is ruim, gerieflik en volledig toegerus. Die sentrale kaggel skep 'n snoesige atmosfeer, veral gedurende die winter. Linne, handdoeke en 'n beperkte hoeveelheid hout word voorsien.

Lily en Protea is selfsorghutte wat ideaal is vir romantiese wegbreke (elke hut het plek vir 2 persone). Die hutte staan in 'n welige Bloekombos en elkeen het 'n oopplan-slaap/leefarea en 'n volledig toegeruste kombuis. Die ovaalbad is heerlik. Staan op jou eie veranda en aanskou die volop voëllewe. Linne, handdoeke en 'n beperkte hoeveelheid hout word voorsien.

Haycroft is 'n ruim lodge aan die oewer van 'n meer waarin die panoramiese uitsigte op die berge weerspieël word. Dit is ideaal vir 'n groep vriende wat wil wegbreek, familiefeeste en werksfunksies. Die lodge het 8 dubbel-suites met en suite-badkamers wat oopmaak op binnehowe. Die ruim sitkamer/eetkamer het 'n reuse kaggel en die groot kombuis is volledig toegerus. Die kroeg kry baie son en het 'n ouwêreldse atmosfeer. Haycroft Lodge is 1,5 km vanaf die 2 kothuise en die hutte.

Die verblyf word nie skoongemaak nie. Indien gaste skoonmaakdienste verlang, kan hulle dit vooraf bespreek teen R100 vanaf 09:00 tot 12:00 daagliks, en dan die dame direk betaal.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stoneyhall Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za