Strand Nessie
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Suikerbekkie 100, Laaiplek, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Strand Nessie bied gerieflike selfsorgverblyf in die hartjie van Laaiplek in Velddrif. Dit is ideaal vir 'n wegbreek saam met vriende en familie aan die Weskus omdat dit lekker naby wit sandstrande geleë is.
Die verblyf bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die kombuis lei na 'n etenstafel met genoeg sitplek en 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met die volle DStv-pakket. Daar is ook 'n ingeboude braai.
Die leefarea lei na 'n toegeboude stoep met nog 'n ingeboude braai. Veilige parkeerplek is op die perseel in 'n dubbelmotorhuis beskikbaar, asook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ligging
- Suikerbekkie 100, Laaiplek, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Suikerbekkie 100, Laaiplek, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom