LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Strandloper Self Catering Units | LekkeSlaap
+53

Strandloper Self Catering Units

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Humanstraat 17 , Onrus, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R895 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Strandloper Self Catering Units is 80 m van die see af in die prentjiemooi Onrus in die Overberg geleë. Akkommodasie word gebied in 3 woonstelle in dié rustige kusdorpie net 110 km vanaf Kaapstad.

Elke selfsorgwoonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 'n sitkamerarea en 'n ten volle toegeruste kombuis. Daar is ander geriewe soos 'n TV met DStv en gratis WiFi. Gaste het toegang tot parkeerplek op die perseel en braaigeriewe. Al die woonstelle het berg- en see-uitsigte.

Strandloper Self Catering Units is naby die strand en kuspaadjie en het direkte toegang tot albei. Die bekende Jan Rabie-getypoel is 'n paar meter verder. Jy kan kyk hoe gesinne stap, kinders speel, vissermanne van die rotse af visvang en kyk hoe die kajakke verbygaan soos jy bekroonde wyn van die area geniet.

Jy kan na die walvisse en dolfyne gedurende die walvisseisoen kyk, voetslaan, fietsry, kajak of op die kuspaadjie wandel en 'n pragtige sonsondergang geniet. Jy kan ook die Overberg se gasvryheid by een van die lieflike restaurante in die area geniet.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 81 resensies vir Strandloper Self Catering Units
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Humanstraat 17 , Onrus, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
  • Gaste dink Strandloper Self Catering Units het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R895
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R895
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Humanstraat 17 , Onrus, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY4NjNkODZlLWVhNzAtNDFhZC1hNWYzLTdkYzY5M2YyZWQyNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R895  per nag (vir 2 persone) 81 5 1 5 17 Human Street Onrus 7201 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.417725827936 19.163938164711
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!