Suite 603 at the Parkview Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Suite 603 at the Parkview Hotel is sentraal geleë in die hartjie van die Golden Mile langs die strand in Durban, en bied gerieflike verblyf aan 2 gaste in 'n standaard-dubbelkamer. Parkview Hotel is stapafstand van die strand af.

Suite 603 is smaakvol ingerig en word daagliks skoongemaak. Die suite het 'n koninggrootte-bed, 'n badkamer met 'n stort-oor-bad, en 'n kombuisie met 'n yskassie, ketel, broodrooster, mikrogolf, wasmasjien met outomatiese tuimeldroër, eetgerei en breekware. Die kamer het ook lugversorging en 'n TV met sekere DStv-kanale. Ontbyt en aandete is by die restaurant op die perseel beskikbaar en kan by die ontvangstoonbank gereël word.

Die hotel bied 24 uur-sekuriteit en -ontvangs, asook WiFi in die openbare areas. Verder het die hotel 'n swembad, konferensiekamer en kroeg. Die ligging is maklik bereikbaar vanaf vervoer-roetes en Durban-sentraal, en daar is winkels en eetplekke naby. 'n Deel van die Parkview-gebou word vir hotelverblyf gebruik, en die ander gedeelte is vir afgetrede inwoners.

Slaapplek

'n Bespreking by Suite 603 at the Parkview Hotel sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Suite 603 At The Parkview Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za