Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Summer Forever

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Penshurst-straat 1313, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 300 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Summer Forever bied gerieflike selfsorg-akkommodasie in 'n strandhuis wat hoog geleë is om ongelooflike see-uitsigte te bied. Die huis is 400 m van die strand af in Ramsgate.

Die strandhuis is ideaal vir 'n sorgvrye vakansie en daar is slaapplek vir tot 12 gaste. Die huis beskik oor 6 slaapkamers, 4 badkamers, 2 sitkamers, 'n eetarea en 'n kombuis. Die hoofhuis het 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer bevat 'n koninggrootte-bed. Daar is 2 en suite-slaapkamers en 'n waskamer met aparte ingange vas aan die hoofhuis. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die waskamer is toegerus met 'n 13 kg-wasmasjien en tuimeldroër. Die sitkamer beskik oor 'n kroeg en 'n 50"-HD-platskerm-TV, 'n volle DStv Premium-pakket en die nuutste Explorer DStv-dekodeerder. Die sitkamerblindings is outomaties. Verder is daar 'n LG dubbeldeur-yskas/-vrieskas met 'n waterverkoeler. Die kombuis is toegerus met 'n Bauer-yskas, 'n mikrogolfoond, 'n skottelgoedwasser, 'n broodrooster, 'n koffiemasjien, 'n oond en stoof, eetgerei en breekware.

Gaste geniet toegang tot hul eie privaat swembad. Kinders kan op die ruim grasperk speel en die grootmense kan by die swembad of op die stoep ontspan. WiFi word voorsien en gaste het toegang tot braaigeriewe.

Die huis het oorgenoeg sekuriteit, volle sensors in die huis en die nuutste RX-laserstrale buite die huis. Die Franse houtdeure en -vensters het ingeboude diefwering. Al die kamers wat see se kant toe kyk het skuifdeure wat heeltemal oopgemaak kan word, of daar is 'n houtraam wat toegemaak kan word om die vars briesie in te laat dag en nag. Daar is sekuriteitskamera's buite sodat ons sekuriteitsmaatskappy dinge 24 uur per dag kan monitor. Daar is ook 'n skerm in die hoofslaapkamer waar gaste self die kameras se beelde kan dophou. Daar is 'n elektriese heining gekoppel aan 'n alarm. Die hek en die motorhuisdeur is outomaties.

Ramsgate is aan KwaZulu-Natal se suidkus geleë, net 155 km suid van Durban. Ramsgate is welbekend vir sy Blouvlagstrand, atmosfeer en restaurante. Summer Forever is naby aan Ski Boat-strand, 'n stil swemstrand met haainette en lewensredders, geleë. South Coast Mall en Shelly Centre is net 13 km en die Wild Coast Sun net 30 km weg.

Slaapplek

’n Bespreking by Summer Forever sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 6
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Dienste

  • Koordlose internet

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer
  • Kluis

Vermaak

  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 26 resensies vir Summer Forever
Netheid
4.0/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Penshurst-straat 1313, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Summer Forever het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 300
per nag (plek vir 12)
Vanaf
Vanaf R3 300
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Penshurst-straat 1313, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc2MDc5ZjAwLTY2NTItNDg1YS04MWNkLTJkMTI4MTk1NGRlZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 300 per nag (plek vir 12) 26 5 1 5 1313 Penshurst Road Ramsgate 4285 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -30.897646079457 30.342926681042