7 gaste
3 slaapkamers
4 beds
3 badkamers
- 7 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 62 High Street, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Sundowner Loft is in Hoogstraat in Mosselbaai geleë. Mosselbaai is 'n hawedorp van sowat 130 000 mense in die Suid-Kaap.
Sundowner Loft is 'n pragtig gerestoureerde erfeniskliphuis in die ou stad en spog met 'n manjifieke see-uitsig. Verblyf word in 'n tweeslaapkamerkothuis met en 'n solderwoonstel gebied en daar is slaapplek vir 7 gaste.
Die solder het 'n houtvloer, koninggrootte-bed, eetarea met 'n herwinde kiaathouttafel en 'n slaapbank, 'n TV en DVD-speler in die sitarea. 'n Klein biblioteek met boeke en DVD's is beskikbaar. Die kombuisie is met 'n klein stoof, broodrooster, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.
Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea. Daar is 'n kaggel, 'n retro-bank, satelliet-TV en 'n houtetenstafel. Die kombuis is met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, yskas, gasstoof, elektriese oond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die hoofslaapkamer het 'n see-uitsig, dubbelbed, werkspasie en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die tweede slaapkamer het 'n tuin-uitsig, dubbelbed, werkspasie en en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die kothuis het 'n tuin en braai-area met 'n wonderlike uitsig oor die hawe. Daar is 'n aparte tuin met 2 stoele onder 'n skaduryke mahonieboom, 'n vuurput, 'n houtetenstafel en ekstra braaigeriewe op die dek.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Darryl Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 62 High Street, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
- Gaste dink Sundowner Loft het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
62 High Street, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
Sien kaart- 7 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang