Sunplace Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sunplace Lodge is in die kloof tussen die Magalies- en Witwatersberge op die Saartjiesnekpas in Hartbeespoort geleë.

Hierdie lodge is heeltemal onafhanklik van die kragnetwerk en ander openbare dienste. Die lodge se krag, warm water en ondervloerse verhitting, word geheel en al deur sonkrag voorsien en die water word deur 'n reënwater-opvangstelsel voorsien.

Die lodge is passievol daaroor om hul besigheid omgewingsvriendelik te bestuur en dus verseker hulle dat alle aktiwiteit die kleinste moontlike impak op die omgewing het.

Daar is 11 kamersoorte by Sunplace Lodge wat almal smaakvol ingerig is. Mosaik teëlwerk, elk met verskillende temas, kan in die hoofgebou se badkamers gesien word, asook die gebruik van herwinde hout oral in die Lodge, wat bydra tot die tema van herwinning en hersirkulering.
Tien kamers het elk 'n koningingrootte-bed en een het 'n dubbelbed. 4 Van die kamers het elkeen 'n balkon met uitsigte oor die Hartbeespoortdam en omliggende berge en koppies.

Die lodge het 'n ruim 91 m²-dek met asemrowende uitsigte oor Hartbeespoort waar gaste heerlik agteroor kan sit om die sonsondergang te geniet. Daar is ook 'n 240 m²-funksielokaal met aparte ablusieblok en kombuis wat apart en onafhanklik van die lodge kan funksioneer.
Daar is twee aparte bomas met braaigeriewe, asook 'n kruietuin wat beskikbaar is vir gaste.

Gaste kan ook die staproete teen die berg op aandurf en vir avontuurlustige gaste is daar bergfietsroetes. Boonop kan gaste ook die ystersmid, Paul Mikula, se sonkragaangedrewe werkswinkel op die terrein besoek. Gaste moet asseblief vooraf reëlings tref om dié werkswinkel te besoek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sunplace Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R757 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false