Sunridge Self-catering Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sunridge Self-catering Accommodation is in die stil buurt, Sunridge Park, in Port Elizabeth geleë. Daar is slaapplek vir 3 gaste in hierdie losstaande eenheid wat skuil in die skadu van 'n geelhoutboom.

Akkommodasie by Sunridge Self-catering Accommodation word in 'n ateljeewoonstel en dubbelkamer gebied. Albei het basiese selfsorggeriewe.

Die dubbelkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kamer het ook 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, ketel, yskassie, broodrooster, braaipan, eetgerei en breekware. Die kamer is apart van die hoofhuis en dit het sy eie ingang wat met een ander kamer gedeel word.

Dié oopplan-eenheid beskik oor 'n slaaparea, 'n en suite-badkamer, 'n sitarea, kombuisie en 'n eetarea. Die slaaparea het 'n koningingrootte-bed, ingeboude kaste en 'n enkelbed op versoek. Die badkamer is ingerig met 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. Die kombuisie het 'n mikrogolfoond, ketel, 'n yskassie, tweeplaatstoof, breekware en eetgerei. Skuifdeure in die eenheid lei na 'n vermaakarea met 'n braai-area en buite-eetplek. Veilige parkeerplek word voorsien.

Sunridge Self-catering Accommodation bied maklike toegang tot die N2-hoofweg. Die eenheid is binne 'n 9 km-radius van Kragga Kamma Wildreservaat, Greenacres Winkelsentrum, die Port Elizabeth gholfklub en Nelson Mandela Bay Stadion af, en is net om die hoek van Sunridge Village met sy verskeidenheid winkels en restaurante.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Internet

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sunridge Self-catering Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za