Sunrise @ Solent

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sunrise @ Solent is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Simonstad. Dié historiese gebou spog met 'n panoramiese uitsig oor Valsbaai.

Die gebou skuil teen die hange van die berg en dié woonstel op die eerste verdieping beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, bedkassies met lampe, ingeboude kaste met skoon linne, duvets en ekstra komberse, 'n spieëltafel en 'n laaikas. Die vensters in die kamer het bamboes-blindings en gordyne, en 'n uitsig op die berg en oor die see.

Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n ingeboude kas met linne en beddegoed, strandhanddoeke en strandspeletjies. Die venster kyk na agter en het 'n uitsig op die berg. Die gedeelde badkamer het 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Komplimentêre toiletware, bad- en swemhanddoeke word voorsien.

Die ten volle toegeruste kombuis het 'n oond op oogvlak, 'n groot yskas, vrieskas, mikrogolfoond en 'n water-filtreerder.
Daar is ook 'n wasmasjien en 'n strykyster en -plank.

Die oopplan-leefarea langsaan het 'n gemaklike sitkamerstel en leunstoele, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n DVD-speler, scrabble-bord en brugkaarte, 'n versameling DVD's en CD's in die houtrak. Die eetarea het 'n eikehouttafel met 4 stoele. Gaste het ’n uitsig oor die baai en ligte as hulle hul aandete geniet. WiFi is ook beskikbaar.

Die kompleks bied veilige parkeerplek vir voertuie, sekuriteitshekke en kameras op die perseel. Die kompleks is stapafstand van die historiese dorp met restaurante, winkels, Vlootbasis en Simonstadhawe. Daar is ook ’n jetty waar gaste kajaks kan huur, bootritte of walviskyk kan geniet. Seaforth- en Boulders Beach met sy tientalle pikkewyne is ook lekker naby. Verder aan langs die kus is Millers Point en Smitswinkelbaai voordat jy by Kaappunt arriveer.

Slaapplek

'n Bespreking by Sunrise @ Solent sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sunrise @ Solent gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 150 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false