Sunset Ridge Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die stad Rustenburg skuil teen die voet van die Magaliesberge en Sunset Ridge bied 'n skilderagtige uitsig op die berge en die vallei aan die onderkant. Ons is net 30 minute van die bekende Sun City af met een van die beste gholfbane in Suid-Afrika. Die Pilanesberg Natuurpark grens teen die oord en is geleë in 'n massiewe krater wat uitgekerf is deur 'n oervulkaan.

Ons het 11 groot, elegante slaapkamers wat volledig toegerus is en modern versier is. Geniet ontspanne plattelandse gerief en gasvryheid met DStv, 'n swembad en luisterryke uitsigte. Heerlike, stewige ontbyte word bedien en aandetes is beskikbaar op versoek.

Onderneem gerus 'n uitstappie na die Pilanesberg Nasionale Park met sy renosters, olifante, buffels en baie bokspesies. Verloor jouself in die wonderskone staproetes, deur die pragtige bewarea by Kgaswana Natuurrestervaat wat net 5 minute se ry van ons af is. Daar is ook heelwat gesinsrestaurante naby ons, en gaste kan heerlik gaan inkopies doen by die Waterfall Winkelsentrum. Net 'n uur se ry suid-oos van Rustenburg bring jou tot by een van die belangrikste fossielopgrawingsplekke in die wêreld. Die Magalsies Wêrelderfensisgebied en die Wieg van die Mensdom het al van die wêreld se belangrikste hominied-ontdekkings opgelewer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sunset Ridge Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false