Survivor Africa Game Lodge
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: R33 Rooikraal, Groblersdal, 0470, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 800 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Survivor Africa Game Lodge is in die hartjie van die Bosveld in die Loskopvallei. Die area is deur die Rooikraalberge omring en gaste kan hiér die stilte geniet en die sonsondergange waardeer.
Die lodge bied selfsorgverblyf aan 10 gaste en 2 kinders en beskik oor 'n hooflodge, sowel as 3 addisionele chalets wat saam bespreek word. Die hooflodge beskik oor 2 slaapkamers en 2 en suite-badkamers met 'n stort in elk. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapbeld wat geskik is vir 2 kinders. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed.
Die hoofleefarea het 'n kombuis en 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met die volle DStv-pakket. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Die kombuis is met 'n gasstoof en oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n etenstafel toegerus. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is ook beskikbaar.
Die addisionele 3 chalets het elk 2 enkelbeddens en 'n en suite-stort, sowel as 'n kroegyskassie en koffie- en teeskinkbord. Gaste kan in die boma- area rondom die braai kuier.
Die eiendom bied wildritte tot by 'n uitkykpunt met asemrowende sonsondergange en verversings is hiervoor ingesluit. Gaste kan ook 'n oggendkoffie op die voorste stoep geniet en nog wild gewaar. Die lodge is op die R33-roete tussen Middelburg en Groblersdal. Dit is ongeveer 30 km vanaf Groblersdal.
Slaapplek
’n Bespreking by Survivor Africa Game Lodge sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Jacuzzi
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Begeleide Wildritte Ingesluit
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Jodeen Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Jaar gelys 2
Ligging
- R33 Rooikraal, Groblersdal, 0470, Limpopo
- Gaste dink Survivor Africa Game Lodge het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Loskopvallei Limpopo
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: R33 Rooikraal, Groblersdal, 0470, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom