Swallows Nest Chalet

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Swallows Nest Chalet bied gerieflike akkommodasie in 'n privaat selfsorg-chalet wat oor die Bellriviervallei uitkyk. Dit is op Grace Hill Plaas geleë, net 4 km buite Rhodes Village. Die chalet is teen die koppie geleë en spog met die mooiste uitsigte op die Suidelike Drakensberge wat bedek is met blommetjies in die somermaande en sneeu in die wintermaande.

Die oopplan-chalet het 'n dubbelbed, en suite-badkamer met 'n stort, klein sitkamer, eetkamer en kombuisie. Die kombuisie is toegerus met 'n yskassie, 'n mikrogolfoond en 'n ketel. Die houtdek is toegerus met braaigeriewe en jy kan van daar af die lieflike uitsigte bewonder. Veilige parkeerplek word voorsien en die chalet kry vars bronwater van die berg af. Daar is trappe met 'n reling van die parkeerplek af tot by die chalet.

Die Naudésnekpas loop verby die chalet en lei na die hoogste bekombare pas in Suid-Afrika wat al langs die Bellrivier vloei wat wemel van die wilde forelle en geelvisse. Daar is heelwat voetslaanroetes, bergfietsroetes, 4x4-roetes, rotskuns, voëlkyk, kunsvlieghengel en perdry in die omgewing beskikbaar. Tiffindell Ski-oord is gerieflik net 24 km van die chalet af geleë vir enige avontuurvrate wat by ons kom kuier.

Slaapplek

'n Bespreking by Swallows Nest Chalet sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gimnasium
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Swallows Nest Chalet gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 R720 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za