LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Tamboershoek | LekkeSlaap
+29

Tamboershoek

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 13 resensies vir Tamboershoek
Netheid
5.0/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5
Nicol F - Okt 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Nicol F
Saam met eggenoot / lewensmaat

Beleef die stil binnekring van die Karoo.

'n Mens kan feitelik vertel: Netjiese, skoon, goed toegeruste huis met 360-grade-uitsigte op berge, effektiewe bespreking en ontvangs, veilige omgewing, gepas vir buitelugentoesiaste, ens. Of jy kan liries raak: Uitmuntende, besonderse verblyf waar jy van die eerste lig op die indrukwekkende berge, tot die laaste verwondering aan die sterre, die stiltes en getuienisse van honderde miljoene jare se Karoo-evolusie beleef – 'n uitsonderlike plek wat jy sal koester en waarvan jy nog lank sal droom. Voeg daarby hartlike ontvangs en interessante plaaslike vertellings. Besluit maar watter beskrywing jy verkies: Albei is waar. Die effens minder sterre vir "waarde vir geld" is bloot omdat die afstand vanaf ons woonplek ook aan petrolgeld vreet; in werklikheid is die akkommodasiekoste billik. Die vier sterre vir ligging is eweneens omdat dit effens ver vir 'n kort verblyf is, maar die werklike ligging van die huis met die uitsigte op berge en valleie is uitstekend. Hoogs aan te beveel.

Tamboershoek se terugvoer

Baie dankie vir die liriese beskrywing. Dit word so mooi vertel - met soveel waardering en innigheid.
Nou het dit nog boonop gereën ook en die wêreld raak by die dag groener.
Ons verwelkom julle graag weer.

Tamboershoek
Johan S - Jul 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Skitterende geriewe in die hart van die Karoo.

Pragtige plekkie om die stilte van die Karoo te ervaar. Sal beslis weer 'n draai gaan maak.

Tamboershoek se terugvoer

Baie dankie! Ons het vanaf laat September begin reên kry en die wêreld het uitgebars in groen! Ons ontvang julle graag weer.

Tamboershoek
Petra F - Jul 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Petra F
Saam met vriende

Isoleer in die Karoo.

Ons het 'n heerlike 3-dag wegbreek gehad. Dit was koud. Ons kon lekker vuurmaak. Die huis is toegerus met alles wat nodig is. Definitief 'n weer-bly huis.

Tamboershoek se terugvoer

Baie dankie! Ons ontvang julle graag weer!
Nou is dit eers koud hier in onse Karoo.

Tamboershoek
Cheryl F - Jun 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cheryl F
Saam met vriende

We loved our stay at Tamboershoek.

For nature lovers, this is a perfect setting, with breathtaking views of the Karoo Hoogland. The cottage was very clean and very comfortable. The lovely indoor fireplace kept us warm and added to the ambience. We hardly noticed the lack of electricity as there are so many lamps available. And with no signal, we could completely enjoy peace and tranquillity.

Cecile S - Mei 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cecile S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Asemrowend mooi - die mooiste kothuisie, stil, pragtige uitsig en die mooiste sterre.

As jy van paaie ry hou, moet jy hier oornag. Vat die pad van Merweville af, gaan regoor die teerpad weer grondpad langs Fraserburg toe. Bespreek by hierdie ongelooflike oase. So romanties met kerse en parrafien lampe. Darem ook LED liggies! Die mooiste meubels, elke kamer met moderne en suite-badkamers, warm water, super netjies, toegerus met alles en die mooiste skaapvel kwilt en gansdons duvets op die bed. Vat dan die pad links oor die Ou Poortpas. Wow! Klim van die teerpaaie af en sien die wêreld op die grondpaaie!

Tamboershoek se terugvoer

Baie dankie, Cecile, vir jou terugvoering. Dit was ons voorreg om julle te kon ontvang. Mag julle `n voorspoedige 2021 beleef met vele agterpaaie om te ry.
Groete
Gerda Kellerman

Tamboershoek
Koos V - Jan 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Koos V
Gesin met tieners

Die paaie was bietjie oorspoel, maar niemand kla oor die reën in die Karoo nie. Baie lekker plek om te bly.

Sien sterre.

Tamboershoek se terugvoer

Baie dankie vir jou terugvoering, Koos. Dit was `n voorreg om julle te kon ontvang. Ja, die paaie bly maar `n uitdaging so na die reën, maar die Karoo is werd om in al sy fasette te leer ken en te ontdek.
Groete
Gerda Kellerman

Tamboershoek
Vaughan K - Jan 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Vaughan K
Gesin met klein kinders

Wonderful views, but no shade on the veranda, so hot.

On the website a plunge pool is advertised, but there isn't one.

Tamboershoek se terugvoer

Good day,
I am so sorry that the splash pool was not available during a very hot time of the year. However, it was explained to all our guests that due to the extreme drought we did not have enough water to fill the pool.
The verandah has no permanent structure for shade because during the rest of the year it is absolutely stunning to sit on the verandah and enjoy the view and the sun, and the moon, and the stars. However, there is a large, industrial umbrella in the cottage for use by the guests. We do not put it up permanently due to high winds. Thank you for bringing this under my attention. In future, I will inform the guests about the umbrella, as well as offer assistance to put it up.
Thank you for your feedback.
Regards,
Gerda Kellerman

Tamboershoek
Xander D - Jan 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Xander D
Gesin met tieners

Onsettend rustig. Winderig. Ander tipe mooi.

Vir sommige mense is die plek hemel op aarde. Tieners sukkel met die feit dat daar geen krag en selopvangs is nie.

Tamboershoek se terugvoer

Baie dankie, Xander
Ek waardeer jou terugvoering.
Inderdaad sukkel ons jong mense sonder die selfoonopvangs.
Dit verplig hulle om te gesels.
Groete
Gerda Kellerman

Tamboershoek
Sebastian S - Jan 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sebastian S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Wegbreek vir twee dae om bietjie stilte te kry.

Tamboershoek is baie mooi geleë op ’n skaapplaas in die Karoo. Pragtig en netjies. Lekker gebly, pasop net as jy in die somer soontoe gaan - dit kan baie warm word!

Tamboershoek se terugvoer

Baie dankie, Sebastian.
Dit was lekker om julle te kon ontvang en die uniekheid van die Karoo met julle te kon deel.
Ja-nee, die Karoo is beslis nie mak in hoogsomer nie.
Probeer dit in die winter.
Groete
Gerda Kellerman

Tamboershoek
Dalene M - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dalene M
Gesin met tieners

Stilte, mooi natuur, sterrehemel en n mooi netjiese huis wat jou als bied wat jy nodig het!

Dankie vir 'n wonderlike tyd daar ver in die karoo! Due stilte en sterrehemel was n wonderlike bonus. Lekker geswem, gebraai en gekuier saam met ons jongmens kinders! Hulle was mal oor die plek! So lekker dat daar nie krag was nie! Dankie vir 'n mooi, skoon en netjiese huis wat alles in het wat jy nodig het!

Shareen R - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Shareen R
Saam met vriende

Ons kon nie vir 'n beter ligging en uitsig gevra het nie!

Die tweeslaapkamerhuisie vér weg van ligte en mense was presies wat ons gesoek het! Die stilte en uitsig én ontelbare sterre in die aand was balsem vir die siel. Wat die ervaring nog meer spesiaal gemaak het is dat daar geen selfoonopvangs is nie en ons in die aand by lamplig en kaggelvuur gekuier het! Die huisie is baie goed toegerus en die beddens slaap soos 'n droom. 'n Hoogtepunt was om laatmiddag in die plonspoel te "swem" en die ongelooflike uitsig in te drink. Dit was absolute waarde vir geld!

Marzanne S - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marzanne S
Gesin met tieners

In hartjie van die Karoo.

Baie netjies en skoon. Lekker stil en rustig met mooiste uitsig!

Tamboershoek se terugvoer

Baie dankie, Marzanne,

Dit was lekker om julle te kon ontvang en julle is altyd welkom om weer te kom.
Mag julle `n pragtige en voorspoedige 2019 beleef.

Groete,
Gerda Kellerman

Tamboershoek
Rika M - Sep 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Rika M
Saam met vriende

Plek om die siel te herlaai.

As jy wil wegkom van als en almal en jou voete wil vind is hierdie die perfekte plek. Alles wat jy van 'n selfsorg-eenheid verlang en nog meer sal jy daar kry. Pragtige kamers en netjies en lekker ingerig. Het glad nie elektrisiteit gemis nie, eienaars het voorsiening gemaak vir genoeg olielampe en batteryliggies. Die binnenshuise kaggel het 'n wonderlike atmosfeer geskep. Pragtige uitsig. Rivierloop was ongelukkig droog, geen wild gesien nie. Sal definitief weer besoek en sterk aanbeveel.

Tamboershoek se terugvoer

Baie dankie, Rika! Dit was lekker om julle te kon ontvang en julls is welkom om weer te kom.
Mag julle `n mooi en voorspoedige 2019 beleef.
Groete,
Gerda Kellerman

Tamboershoek
Vanaf R1 400
R1 400 R1 120
per nag, vir 4 mense
Vanaf R1 400
R1 400 R1 120
per nag, vir 4 mense
Vanaf R1 400
R1 400 R1 120
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tamboershoekplaas, Langs die N1, Fraserburg, 6970, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNiNDIwNzI0LWY1NDctNDRkNy05NTJhLWMzYWQyY2NlM2EzNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 400, nou Vanaf R1 120  per nag, vir 4 mense 13 5 1 5 Farm Tamboershoek Off the N1 6970 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -32.204616294767 21.887629571758
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!