LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Tarentaalrand Safari Lodge | LekkeSlaap
+30

Tarentaalrand Safari Lodge

6 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Tarentaalrand-plaas, Langs die R64, Kimberley, 8301, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 120 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Tarentaalrand Safari Lodge is in 'n privaat natuurreservaat wat 26 diersoorte se tuiste is en bied gerieflike selfsorg-chalets.

Daar is 2 dubbelverdieping-chalets met slaapplek vir 6 en 1 grasdak-chalet wat geskik is vir 2.

Die grasdak-chalet, Chalet 1, het 'n koninggrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swem-handdoeke saambring.

Die dubbelverdieping-chalets beskik oor 2 slaapkamers. Die 1 kamer is op die boonste verdieping en het 4 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer is op die onderste verdieping en het 'n koninggrootte-bed. Elke chalet het 'n badkamer met 'n stort. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien, maar bring asb. jou eie swemhanddoeke saam.

Elke chalet het 'n kombuis wat toegerus is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n eetarea. Elke chalet het 'n stoep met 'n privaat braai-area en parkeerplek is beskikbaar. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. Dele van die chalets word via trappe bereik en is dalk nie geskik vir kleuters, bejaardes of gaste met gestremdhede nie.

Gaste kan die gemeenskaplike sitkamer gebruik wat 'n TV met plaaslike kanale en M-Net het. Daar is ook 'n pooltafel, swembad, 'n gelisensieerde kroeg en 'n lapa met braaigeriewe. Verskeie funksies kan gehou word. Daar is ongelukkig nie kaartgeriewe nie.

Tarentaalrand Safari Lodge bied wild- en voëlkyk-geleenthede en as gaste langer as 2 nagte bly, word hulle met 'n wildrit bederf.

Neem asb. kennis dat daar 'n grondpad is wat na die instansie lei. Gaste moet by die instansie navraag doen oor die toestand van die pad voor hul aankoms, aangesien die toestand kan verander weens onvoorsiene omstandighede.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 6 resensies vir Tarentaalrand Safari Lodge
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Tarentaalrand-plaas, Langs die R64, Kimberley, 8301, Vrystaat
  • Gaste dink Tarentaalrand Safari Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Vrystaat
Vanaf R1 120
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 120
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Tarentaalrand-plaas, Langs die R64, Kimberley, 8301, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAg59HxtTtO2xzqqJfEl4jZVSLDZc7lqoglxaUHB4mQFScGUmp8s?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 120  per nag (plek vir 2) 6 5 1 5 Farm Tarentaalrand Off the R64 8301 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -28.6710283 24.9408105
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!