Aloe Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Aloe Cottage is op 'n werkende plaas in die middel van Swellendam (27 km), Malagas (19 km) - met die enigste handgedrewe ponton - en De Hoop Natuurreservaat (23 km) geleë. Jy kan die rustieke leefstyl van die plaaslewe ervaar en die daaglikse plaasaktiwiteite en -take sien.

Die Aloe-kothuis is volledig toegerus met 1 slaapkamer, 'n privaat badkamer, 'n kombuis wat goed toegerus is en 'n sitkamer met DStv en 2 slaapbanke. Linne en handdoeke word voorsien. Daar is 'n binne- en buitebraaier. Jy kan eiers vanuit die neste gaan haal vir ontbyt en vars melk by die melkery kry - alles gratis.

Aloe Canyons Guestfarm en Aloe Canyons Cottages is altwee oopplan en het plek vir 2 gaste. Toegerus met 'n koningingrootte-bed, en suite-badkamer, kombuis, sitarea, en 'n binnebraai. Linne en handdoeke word voorsien.

Jy kan sien hoe hulle koeie melk en sien hoe hulle die kalfies en lammertjies voer. Ry gerus fiets, draf of gaan stap en sien interessante reptiele, voëls, diere en plante. Die uitsig van die kothuis se stoep kyk uit oor 'n stuk van die bewaarde Renosterveldbos terwyl springbokke slegs 3 km verder wei en bergskilpaaie appels eet.

Gaste kan ook van Aloe Canyons Wild Life and Guestfarm (sowat 2 km verder aan) gebruik maak om elande, koedoes en die voortreflike voëllewe te aanskou. Die wild is baie mak, so gaste is welkom om rond te stap om hulle van nader af te bekyk.

Daar is 'n speelkampie vir die kinders, 'n riviertjie voor die lapa met geriewe waar gaste kan braai, kajakvaart of vertoef. Ablusieblokke is ook op die perseel beskikbaar.

Ons beveel hierdie verblyf sterk aan vir dier- en natuurliefhebbers.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aloe Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false