The Aloes Farm
- Kapasiteit: 11 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 12D D494, Langs Hilton College-weg, The Aloes Farm, , 3245, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Aloes Farm bied selfsorgverblyf op 'n werkende kleinhoewe wat aan Hilton College grens. Dis naby Hillton Village met winkels, restaurante en koffiewinkels.
Verblyf word in 2 moderne selfsorgeenhede naamlike The Studio en The Gallery aangebied.
The Studio beskik oor 3 slaapkamers met slaapplek vir 6 gaste. Elke kamer het 'n muurverwarmes. Die hoofslaapkamer het 'n lessenaar en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n groot hoekbad. Die ander 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort. Die leefarea het 'n oopplan-kombuis en -eetarea met 'n groot geelhouttafel. Die sitarea is oopplan met die leefarea en het gemaklike meubels om 'n kaggel en 'n slim-TV. Hout word voorsien. Die leefarea lei na 'n groot stoep deur dubbeldeure. Die gemaklike rusbanke en swaaistoel is die ideale plek om 'n boek te lees en 'n koppie koffie te geniet terwyl die kinders in die tuin of nabygeleë velde speel. Die stoep met braaigeriewe het 'n etenstafel met sitplek vir 8 en bankies.
The Gallery is 'n moderne drieslaapkamerkothuis met 'n pragtige uitsig oor die Albert Falls-dam. Daar is 2 slaapkamers met koningingrootte-beddens. Die derde slaapkamer het 'n enkelbed. Twee van die badkamers is en suite. Die derde slaapkamer het nie 'n en suite-badkamer nie. Die oopplan-leefarea het 'n toegeruste kombuis, sitarea en 'n eetarea. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas, stoof, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het gemaklike rusbanke, 'n TV teen die muur en 'n kaggel. Die leefarea lei na 'n stoep met sitplek en draagbare braaigeriewe. Die stoep lei na 'n vuurput met 'n uitsig.
Die netjiese tuin is met 'n elektriese heining omhein en daar is 'n organiese groentetuin waar gaste blaarslaai, kruie en spinasie kan pluk. Gaste is welkom om op die plaas te wandel en daar is baie spasie vir kinders om te speel.
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Plaas 12D D494, Langs Hilton College-weg, The Aloes Farm, , 3245, KwaZulu-Natal
- Gaste dink The Aloes Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Midlands Meander KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 11 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 12D D494, Langs Hilton College-weg, The Aloes Farm, , 3245, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom