LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by The Bush Hut | LekkeSlaap
+43

The Bush Hut

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 10 resensies vir The Bush Hut
Netheid
4.7/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5
Zelma E - Okt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Zelma E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Hoe lekker is dit nie om terugvoering te gee oor die lieflike Bush Hut nie!

Vroeg die oggend wat ons moes inklok het Engela geskakel en volledige aanwysings, sleutel relings asook WiFi password ens deurgegee op WhatsApp. Verder het sy dadelik laat weet toe die eenheid gereed was en ons kon toe al 12 uur inklok aangesien ons vroeër al in Hoedspruit aangekom het. Die eenheid was kraakskoon en netjies met baie ekstras soos: sanitizer, skuimbad, heerlike vars diffusers, shampoo ens. Ons het sommer bederf en spesiaal gevoel! Die veiligheid is puik en met al ons diere besoekers het ons 'n onvergeetlike tydjie by die Bush Hut gehad.

The Bush Hut's terugvoer

Baie dankie vir die positiewe terugvoer, ons waardeer dit. So bly julle het die geniet, kom kuier gou weer.

The Bush Hut
Jurie O - Sep 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Jurie O
Saam met vriende

Baie rustig en bekostigbaar.

Baie goed geleë vir besoeke in en om die Kruger. Baie rustig, bekostigbaar en gerieflik.

The Bush Hut's terugvoer

Baie dankie Jurie, ek is bly julle het lekker gekuier. Julle is baie welkom om weer te draai in die somer.

The Bush Hut
Dirk H - Sep 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dirk H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie aangename ervaring.

Die ligging van die Bush Hut binne die eco estate is uitstekend. Die geriewe is baie goed en die rustigheid van die omgewing verkwikkend.

The Bush Hut's terugvoer

Baie dankie! So bly julle het dit geniet!
Sien uit na julle volgende besoek aan Hoedspruit!

The Bush Hut
Melané V - Aug 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Melané V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik gerus.

Pragtige omgewing met wilde diere reg rondom jou.

The Bush Hut's terugvoer

Hello Melanie
Groot plesier, So bly die kinders het die wegbreek geniet.
Lekker naweek vir julle
Engela

The Bush Hut
Sebastiaan V - Aug 2020
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sebastiaan V
Gesin met klein kinders

Wonderlike wegbreek vir goeie sielsmedisyne.

The Bush Hut was fantasties. Die huisie is goed toegerus, dit is privaat, dit is netjies en gewoon net 'n lekker plek om in te bly. Toegang was maklik in die Wildlife Estate en dit is super veilig. Die diere kom kuier gereeld in die tuin. Ons kan dit met groot vrymoedigheid aanbeveel. Engela het alles puik gereël en dit was vir ons 'n baie goeie ervaring. Sien julle sommer gou weer as ons Hoedspruit se kant toe kom.

The Bush Hut's terugvoer

Baie dankie Sebastiaan, waardeer, sien uit na julle volgende besoek!
Vriendelike bosgroete

The Bush Hut
Mev Yvonne S - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Mev Yvonne S
Saam met vriende

Vlakvark Prethuisie.

Oulike oornaghuis. Baie goed toegerus, maar klein bietjie vuil hier en daar. Hier kort net 'n groot blik beskuit vir die gereelde vlakvarke wat elke dag kom kuier - dis vet pret. Oppas hulle kan byt. Hou hande weg en bly op die stoep. Nagelang van ons land se Eskom probleme kan oornagplekkies asseblief mini gasstofies in die kombuis sit. Dankie vir die solar liggie ─ dit werk oulik. Dankie aan die eienaar van die huisie vir die gebruik daarvan - ek sal baie beslis weer die huisie bespreek.

Div D - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Div D
Besigheidsreis

Skoon en netjiese selfsorg-eenheid.

The Bush Hut is 'n skoon en netjiese selfsorg-huis wat aan al my verwagtinge voldoen het. Ek was wel ietwat ongerieflik om die braai te gebruik omdat die skoorsteen se bo-punt minder as 1 meter van die grasdak is en dit 'n brandgevaar inhou. Moontlik kan die eienaar oorweeg om die skoorsteen van die braai op te bou tot bo die vlak van die grasdak.

The Bush Hut's terugvoer

Hallo Div
Dankie vir jou positiewe terugvoer oor jou verblyf, ons waardeer dit.
Ek is so jammer om te hoor dat jy ongemaklik was om te braai, jy moes my laat weet het sodat ek jou kon gerus stel. Die skoorsteen is lank genoeg, in 14 jaar het, nie die eenheid of enige van die ander eenhede wat dieselfde ontwerp deel, al 'n probleem gehad nie. As die wind sterk waai is dit nie die aangewese ding om in die bos te braai nie, dan mag niemand braai nie. Mooi bly en 'n lekker week verder vir jou. Groetnis uit die bos, Engela.

The Bush Hut
Hanlu V - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Hanlu V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lieflike boservaring!

Skoon en netjiese verblyf. Wonderlik om in die bos wakker te word en die vlakvarke voor die venster te sien. Sal die plek aanbeveel.

The Bush Hut's terugvoer

Baie dankie! So bly julle het lekker gekuier en dit geniet, tot weersiens! Groetnis uit sonnige Hordspruit,
Engela,
The Bush Hut

The Bush Hut
Kobus P - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Kobus P
Gesin met klein kinders

In die bos op sy beste!

Ons verblyf baie geniet! Pragtige plek met 'n buitestort. En groot bad. Kombuis goed toegerus. Lekker braai- en kuier-area. Aircon was verwelkomend, area baie warm. As jy van die bos hou, wild op jou stoep wil sien en goeie geriewe geniet met uitstekende diens, besoek die Bush Hut.

The Bush Hut's terugvoer

Baie dankie, Kobus. Ons is so bly om te sien dat julle dit geniet het. Kom kuier gerus weer.

Lekker naweek vir julle,

Groete
Engela

The Bush Hut
Nadine D - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nadine D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Die foto's is nie naastenby 'n goeie prentjie van hoe lekker en mooi die plek is nie! Ons het só lekker gebly al was dit net een aand.

Skoon. Goeie diens. So mooi en rustig.

The Bush Hut's terugvoer

Baie dankie Nadine, ons waardeer jou terugvoer opreg!

Lekker dag vir jou en groetnis uit sonnige 'n Hoedspruit.

The Bush Hut
was R1 400
Vanaf R1 260
per nag (vir 4 persone)
was R1 400
Vanaf R1 260
per nag (vir 4 persone)
was R1 400
Vanaf R1 260
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rotsvyweg 552, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6383f72f9aa92621d233a985b9af98a8e6a402cd7db4a2408deb111eb2cb24f4cbfd0e9e1980d79c292b3daa7d25f8b6fb5a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 400, nou Vanaf R1 260  per nag (vir 4 persone) 10 5 1 5 552 Rotsvy Street Hoedspruit Wildlife Estate 1380 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -24.34207 30.98388
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!