Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Country Garden

  • Kapasiteit: 24 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R323, Beecatcher Plaas, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The Country Garden is op die Beecatcher Plaas naby Ladismith in die berge. Gaste word in hierdie vriendelike atmosfeer in 'n pragtige, private omgewing ver van die stadsgewoel verwelkom. Daar is nie selfoonsein of TV's nie, maar wel 'n fantastiese uitsig op Towerkop en direkte toegang tot die Klein Swartberg met sy diverse, inheemse plantegroei.

Verblyf is beskikbaar in 5 alleenstaande eenhede waaronder Blue Gum Kothuis, Sunflower Kothuis, Lavender Kothuis, Aloe Kothuis en Manor House.

Gaste kan in die mineraaldam afkoel, op die plaas voetslaan of die bergskeure verken. Bring ook jou bergfiets om 'n avontuur in die Voorbaatvallei en rondom Van Zyl-dam aan te pak.

The Country Garden is op 'n werkende plaas, so gaste het die geleentheid om die plaasdiere, waaronder varke, skape, hasies, ganse, eende, hoenders en bokke te ontmoet. Die jongspan sal mal wees hieroor!

Die verblyf is ook 'n botanis se droom weens die verskeidenheid blomme en plante op die perseel. Daar is altyd iets wat blom! Entoesiastiese voëlkykers kan meer as 80 spesies hier sien, insluitend die witkruisarend, gevlekte arend, uile en die Europese byevreter of 'beecatcher' waarna die plaas vernoem is.

'n Ontbytmandjie en braaipak is beskikbaar en kan by die huisies afgelewer word. Die koste hiervoor is op aanvraag beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 24 resensies vir The Country Garden
Netheid
4.5/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Gerda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Jaar gelys 5

Ligging

  • R323, Beecatcher Plaas, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Country Garden het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kaapse Roete 62 Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R323, Beecatcher Plaas, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf09043d1c486eeb6a9dd1a463b15516eead8d87ec11a0062804acce891d65491373db72ed53d88f658551ac086ab2953b86c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 24 5 1 5 R323 Beecatcher Farm 6655 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.461198 21.07892
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem