The Goodland Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Goodland Cottages is op 'n privaat plaas 20 minute buite Winterton in KwaZulu-Natal geleë. Dié kothuis is perfek vir gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek naby verskeie besienswaardighede in die Drakensberg-streek.

Verblyf word in 2 kothuise met slaapplek vir 8 gaste aangebied.

Milk Cottage is smaakvol ingerig en beskik oor 2 en suite-slaapkamers en 'n oopplan-leefarea. Die kothuis het 2 koningingrootte-beddens wat slaapplek vir 4 volwassenes bied. 'n Slaapbank is vir 2 kinders onder 10 jaar beskikbaar. Ekstra kinders beloop R150 per kind per nag. Die kombuis is goed toegerus en gratis Nespresso en tee word met die aankoms voorsien. Die sitkamer het 'n kaggeltjie en 'n TV met DStv.

Honey Cottage is smaakvol versier en beskik oor 2 slaapkamers met en suite-badkamers en 'n oopplan-leefarea. Die kothuis het slaapplek vir 4 gaste op 1 koninggrootte-bed en 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die badkamers het elkeen 'n bad of 'n stort. Die kombuis is met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die sitkamer het 'n kaggeltjie en 'n TV met DStv.

Elke kothuis het braaigeriewe en veilige parkeerplek. Gratis WiFi is beskikbaar. Die 200 jaar oue bome op die groot perseel is sigbaar vanaf 10 km. Klein, goedgemanierde troeteldiere is welkom mits dit vooraf gereël word. The Goodland Cottages is naby verskeie doendinge in die omgewing geleë, soos voetslaan, witwatervlotvaart, bergfietsry, 4x4-roetes, kunsvlieghengel, gholf, perdry en vierwielmotorfietsy.

Piekniekmandjies beskikbaar op versoek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Portugees
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Goodland Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 550 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za