The Halfway House Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Halfway House Hotel dateer uit 1872 en is in Kimberley geleë. Kimberley word as die wêreld se diamanthoofstad beskou en is ook die hoofstad van die Noord-Kaap. The Halfway House Hotel is op die historiese Belgravia-roete geleë en bied die geleentheid om die Diamantstad in styl en gerief te verken. Dié historiese hotel is die perfekte bestemming vir besigheid of plesier.

Die mooi ingerigte kamers beskik oor dubbel, enkel of koninggrootte-beddens. Elke kamer het 'n HD-platskerm-TV met DStv, lugversorging, koffie- en teemaakgeriewe en gratis WiFi. Die kamers het ook elkeen 'n privaat badkamer met 'n stort, gratis toiletware en handdoeke.

Daar is 'n pragtige swembad met sonstoele waar gaste lekker kan ontspan. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Annabell's Restaurant is op die perseel geleë en is bekend vir smullekker kos en uitstekende diens. Dié restaurant spog met pragtige linne en elegante dekor.

Die hotel is alombekend as "The Half" en het 'n blywende instelling in Kimberley geword. "The Half" beskik oor die enigste gelisensieerde "inry-kroeg" ter wêreld.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Nagportier
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Halfway House Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 079 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za